Suid-Kaap FORUM

Skippie tree af

- Elza Thiart-Botes korrespond­ent

STILBAAI Ao. Jan ‘Skippie’ Scheepers (58) van die Stilbaai-polisie se speurtak het na 39 jaar diens afgetree.

Hy was 39 jaar in diens by die plaaslike polisiesta­sie en was sedert 1 Julie 2006 die speurhoof by dié tak. Die polisiesta­sie was deur die jare op drie verskillen­de plekke in die dorp geleë. Scheepers was by al drie werksaam. Hy onthou hoe hy aanvanklik as jong polisieman met sy fiets, as enigste vervoermid­del, oral gery het aangesien hy nie ’n rybewys gehad het nie. Hy het selfs sake gaan ondersoek deur met sy fiets van plek tot plek te ry. Skippie vertel: “Ek het my fiets behoorlik dun gery. Soveel so dat ek eendag toe ek so staan-staan die bult uit by die hotel, nou die Bellevue Resort in die ooste getrap het, net met die handvatsel­s in my hande geëindig het. Dit het van die res van die fiets afgebreek.” As jong polisieman het hy van die opwinding en aksie gehou, hoewel daar relatief min misdaad in die dorp en omgewing was. Dit was egter al die jare vir hom belangrik dat elke saak van die begin af reg hanteer word. Hy kan ’n boek oor sy ervarings skryf. Hoewel moord- en ander ernstige misdaadsak­e vir hom erg was, het veral sake waarby kinders betrokke was, hom die meeste geraak. Scheepers was bekend daarvoor dat hy altyd baie fiks was en het vir baie jare vir die Seagulls-rugbyklub gespeel. Hy was later ook voorsitter en afrigter by dié rugbyklub. Hy was ook baie betrokke in die gemeenskap. “Een van die hoogtepunt­e van my loopbaan was toe Stilbaai-speurtak in 2017 as beste speurtak in die land aangewys is. Ons is nie net as beste in die land aangewys nie, maar ook beste in die Da Gamaskop-groep en die Wes-Kaap.” Scheepers het vir 18 jaar saam met die huidige stasiebeve­lvoerder, kapt. Johan van Tonder gewerk. Hy het ook die hoogste agting vir brig. Gerhard Jantjies wat die bevelvoerd­er van 11 stasies in die Da Gamaskop-groep is. Hy kan egter nie net stil sit nie en beplan om steeds handewerk te doen terwyl hy hoop dat hy nou ook meer gereeld diepsee vis kan gaan vang. Sy boodskap aan die gemeenskap is: “Julle moet hande vat, mekaar ondersteun en mekaar se oë wees om sodoende misdaad te help bestry.” Scheepers se kollegas wens hom ’n rustige aftrede toe. Ao. Marcelle ‘Tekkies’ Grebe neem as bevelvoerd­er van die speurtak oor.

 ??  ?? ’n Trotse ao. Jan Scheepers staan by die ingang van Stilbaai-polisiesta­sie waar hy 39 jaar diens gedoen het.
’n Trotse ao. Jan Scheepers staan by die ingang van Stilbaai-polisiesta­sie waar hy 39 jaar diens gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa