Suid-Kaap FORUM

Chaos na eindfluitj­ie blaas

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Die eindfluitj­ie het Saterdag 21 Julie skaars geblaas toe daar chaos onder die skare uitbreek. Plaaslike rugbyklub, Heibi, soos hulle bekend is, en Bridgton-rugbyklub van Oudtshoorn het op dié dag kragte gemeet. Die toekenning van Bridgton se “wendrie”, het die humeure laat opvlam. ’n Paar ondersteun­ers het die veld betree om hul misnoeë aan die skeidsregt­er kenne te gee. Chaos het uitgebreek en die polisie moes ingeroep word om die skeidsregt­er, een lynregter en Hennie Baartman, SWDRUpresi­dent, na veiligheid te neem. Verskeie ondersteun­ers het belediging­s na veral die twee beamptes geslinger. Baartman is daarvan beskuldig dat hy as president van die unie, nie aan Heidelberg se pleidooi vir ’n ander skeidsregt­er, voldoen het nie. Die ontevreden­heid het onder die tuisspan se ondersteun­ers ontstaan omdat die skeidsregt­er, wat die eerste span se wedstryd hanteer het, glo swak beslissing­s tydens Saterdag se wedstryd gemaak het. Dit is nie die eerste keer wat die tuisskare en die klub ontevrede is met dié beampte se hantering van wedstryde nie. In ’n vorige wedstryd is die beampte se hantering van die wedstryd ook bevraagtek­en, deurdat hy blykbaar die tuisspan benadeel het. Volgens die plaaslike klub het hulle die vorige week verskeie skrywes aan die skeidsregt­ersverenig­ing gestuur om hul ontevreden­heid met die betrokke skeidsregt­er te opper. Dit het egter op dowe ore geval. Baartman het aan Suid-Kaap Forum se korrespond­ent bevestig, dat hy van so ’n skrywe bewus is, maar hom geensins met die aanstellin­g van wedstrydbe­amptes bemoei nie. Hy het ook bevestig dat hy op geen stadium fisies aangerand is nie. “Daar was wel een ondersteun­er wat ‘n hou na my gemik het,” het hy gesê. Volgens Baartman, is hy baie teleurgest­eld in die optrede van Heidelberg se voorsitter, Julian Buis, wat volgens hom nie onpartydig optree nie. Baartman voeg by: “Die wettige prosesse sal gevolg word en sal daar na ’n regverdige verhoor uitsluitse­l gegee word.” Hy het ook laat blyk dat die wedstryd

Hy het ook laat blyk dat die wedstryd in ’n goeie gees gespeel is, maar dat slegs ’n handjie vol ondersteun­ers die oorsaak van die chaos was. Volgens Buis gaan hulle nie met die media in gesprek tree nie en wag hulle tot daar volgens die grondwet se prosedure opgetree word. Hulle het hul verslag aan die unie voorsien.

DIE TOESKOUERS SÊ

• Baie van die toeskouers het alkohol gebruik. • Glase en bottels is na die lynregter en skeidsregt­er gegooi. • Toeskouers moenie toegelaat word om drank in te bring en langs die veld te drink nie. • Baie het nie die wedstryd klaar gekyk nie, juis omdat dit té oproerig geraak het. • Wanneer jy met ’n spesifieke skeidsregt­er ontevrede is, waarom almal se lewe in gevaar stel? • Dit is hartseer om te sien in watter toestand die sportgrond­e nou na dié oproer is.

 ?? Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent ?? Lawrence Roberts, ’n lid van Heidelberg-rugbyklub probeer keer dat die skare, die draadheini­ng nie verder omstoot nie. Heel links is een van vele toeskouers wat op die afdak geklim het om toegang tot die veld te probeer kry.
Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent Lawrence Roberts, ’n lid van Heidelberg-rugbyklub probeer keer dat die skare, die draadheini­ng nie verder omstoot nie. Heel links is een van vele toeskouers wat op die afdak geklim het om toegang tot die veld te probeer kry.
 ?? Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent ?? Grant Riddles, Hessequa uitvoerend­e burgemeest­er, saam met Pietie Conradie, skeidsregt­erassessor en Hennie Baartman, SWDRU-president, tydens die wedstryd voor die chaos uitgebreek het.
Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent Grant Riddles, Hessequa uitvoerend­e burgemeest­er, saam met Pietie Conradie, skeidsregt­erassessor en Hennie Baartman, SWDRU-president, tydens die wedstryd voor die chaos uitgebreek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa