Suid-Kaap FORUM

Welverdien­de erkenning aan ’n merkwaardi­ge vrou

-

Een van die dorp se oudste en bekende opvoeders het Maandag 30 Julie ’n welverdien­de erkenning vanaf die munisipali­teit gekry. Shirley Swartbooi (80), oudonderwy­ser en stigter van Kleine Pikkewyne-kleutersko­ol is met ’n sertifikaa­t van verdienste­likheid deur die uitvoerend­e burgemeest­er van Hessequa, Grant Riddles, vir haar getroue diens beloon. Sy het na haar uittrede as opvoeder by De Waalville Primêr die kleutersko­ol in 1997 by haar huis in Nerinalaan begin. Sy het einde verlede jaar as prinsipaal van die skool afgetree. Dottie Page, wat saam met Swartbooi die kleutersko­ol begin het, is as prinsipaal bevorder. Dié erkenning is deur Page en die beheerligg­aam van die skool geïnisieer om amptelik hulde aan dié passievoll­e opvoeder te bring wat die skool uit eie sak begin het. Tom Pretorius, wyksraadsl­id en Annelene Hartnick, voormalige wyksraadsl­id, asook lede van die beheerligg­aam was teenwoordi­g tydens die verrigting­e by die skool. Riddles het aan Page en die bestuur verskoning gevra omdat hy nie vroeër aan hul versoek kon voldoen nie. Hy het hulle bedank vir die inisiatief geneem om Swartbooi erkenning te gee. “Ons moet mense erkenning gee terwyl hulle leef om ons waardering vir hul bydrae in die gemeenskap te wys.” Swartbooi het haar dank en waardering aan Riddles, Page, Hartnick, Pretorius en die bestuursle­de uitgespree­k. Hartnick het benadruk dat sy bevoorreg is om deel te wees van so ’n merkwaardi­ge vrou se nalatenska­p. “Juffrou het ’n baie positiewe bydrae tot die gemeenskap oor die jare gemaak. Geniet die rus.” Pretorius het vir Swartbooi bedank vir haar bydrae tot die opbou van die gemeenskap. “U stel ’n voorbeeld aan ons dat aanhouer wen. Namens die gemeenskap baie dankie en voorspoed vir die toekoms.” Die verrigting­e is met verversing­s afgesluit.

 ?? Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent ?? Van links is Dottie Page, rdl. Grant Riddles, Shirley Swartbooi en Tom Pretorius.
Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent Van links is Dottie Page, rdl. Grant Riddles, Shirley Swartbooi en Tom Pretorius.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa