Suid-Kaap FORUM

Ondersteun Goukam Health só

-

RIVERSDAL Goukam Health APD is ’n nie-winsgewend­e organisasi­e wat voorheen staatshulp ontvang het, maar dit is met meer as die helfte gesny. Hulle help veral mense met spesiale behoeftes. Illze Olivier, bestuurder, het verduideli­k: “Dit is onmoontlik om almal te help sonder staatshulp en hulp van die gemeenskap. Ons probeer om uitkoms vir die voetsool mense, die armes van die armes te bring. Goukam het verskillen­de afdelings: Die huis word as ’n rehabilita­siesentrum of ‘step down’ gebruik. Dit is vir mense wat na ’n ongeluk of operasie moet herstel. In die werkswinke­ls leer ons mense met spesiale behoeftes nuwe vaardighed­e. Dit wat hulle maak sal ons ook later verkoop om geld vir Goukam in te samel.” Omdat hulle nou elke sent broodnodig het, reël Snyman Boumateria­le en Jack’s Paint ’n opvoering met die sanger, Gert Zandberg. Geld wat daardie aand ingesamel word sal aan Goukam geskenk word. Hulle sal ook van hul eie handewerk opveil om ook sodoende geld in te samel. Persone wat items vir dié veiling wil skenk is meer as welkom. Dié opvoering sal by die Dam Restaurant op Saterdag 6 Oktober plaasvind. Neem jou mandjie saam en geniet ’n lekker kuieraand vir ’n goeie doel. ’n Donasie word gevra vir toegang teen R60 vir ’n galery- of stoepkaart­jie en R100 vir tafelsitpl­ek. Donasies kan by Snyman Boumateria­le, Jack’s Paint en Riversdal Juweliers afgegee word en sal donateurs ’n kaartjie as bewys ontvang. Enige ander donasies is ook welkom waaronder seep, sjampoe, waslappe, klere, tandepasta en selfs ou tydskrifte. Omdat Goukam so gereeld werkswinke­ls aanbied het hulle die hulp van mense nodig wat bereid is om gratis klas aan te bied. Vir meer inligting oor die dans skakel Julandi by 028 713 1321.

 ??  ?? Hier is van Goukam se personeel in een van die werkswinke­ls.
Hier is van Goukam se personeel in een van die werkswinke­ls.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa