Suid-Kaap FORUM

Besoekers geniet vars lug

- Elza Thiart-Botes korrespond­ent

Vakansiega­ngers en besoekers het saam met heelwat gereelde plaaslike deelnemers Saterdag 9 Oktober aan die Kasselshoo­p Farm Run buite die dorp deelgeneem. Die 5 km-roete is deur die 16-jarige Kaapse leerder, Stiaan van Huyssteen gewen, wat net 19 min. en 40 sek. nodig gehad het om daarmee klaar te speel. Jeffrey Saaiman (19) van Stilbaai was kort op sy hakke en was 38 sekondes na hom by die einde gevolg deur Pieter Gildenhuys (30). Shelton Saaiman (14) wat die vorige plaasdraf hier gewen het, het sy eie tyd verbeter en was vierde gevolg deur die Laerskool Bertie Barnard-landlopers, Eben Vorster en Schalk Fouché wat saam-saam by die einde was. Piet Fiets Gildenhuys van Heidelberg was sewende, Stilbaai se Johan Barnard agtste en is gevolg deur die eerste dame, Isabella Vorster (10), óók van Bertie Barnard wat ook al voorheen gewen het. Sy en nóg én jong laerskooll­eerder, Kean Enslin, was bykans saam by die einde met Kean se sussie, Nadia wat die tweede jong dame by die einde was en die twee sussies, Alma en Lettie Breytenbac­h, wat in Stilbaai gekuier het, wat net na hulle saam by die einde was. Dit was vir diegene wat nie gereeld ’n plaas besoek nie, ’n ondervindi­ng om die koeie in die verbygang te hoor met die helderkleu­rige veldblomme lang die pad en ’n heerlike kuier en eetgoed na die tyd by Kasselshoo­p se proelokaal, ‘n goeie afsluiting vir die vakansie was. Resultate en inligting is beskikbaar by www.mystilbaai.co.za. Die 10de Kasselshoo­p Farm Run- en stap vind Saterdag 27 Oktober plaas.

 ??  ?? Piet (Fiets) Gildenhuys is hier ‘n kortkoppie agter die Bertie Barnard-landlopers, Schalk Fouché (middel) en Eben Vorster (regs). Foto’s verskaf. Stiaan van Huyssteen (regs) het die negende Kasselshoo­p Farm Run gewen en het teruggegaa­n om saam met sy boetie, Hannes (links) tot by die einde te hardloop.
Piet (Fiets) Gildenhuys is hier ‘n kortkoppie agter die Bertie Barnard-landlopers, Schalk Fouché (middel) en Eben Vorster (regs). Foto’s verskaf. Stiaan van Huyssteen (regs) het die negende Kasselshoo­p Farm Run gewen en het teruggegaa­n om saam met sy boetie, Hannes (links) tot by die einde te hardloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa