Suid-Kaap FORUM

Jacobs-saak gesentrali­seer

- San-Marié Cronjé

RIVERSDAL Volgens die klagstaat is Johan Jacobs vir diefstal van R200 000 en ook ongeveer R166 000 aangekla. Hy is weer deur sy pa, Willem Jacobs na die plaaslike hof op Vrydag 16 November vergesel waar hy op dié aanklag verskyn het. Die saak is na vele uitstel gesentrali­seer en moet Jacobs Donderdag 24 Januarie in Bellville-landdrosho­f verskyn. Hy het tydens ’n vorige vorige verskyning in die plaaslike hof op Donderdag 10 Mei erken dat buiten dié twee sake, daar nog vyf sake teen hom in Bellvilleh­of hangend is. Suid-Kaap Forum het self inligting bekom waar hy in 2014 op ’n entreprene­urs realiteits­reeks, Dragons Den verskyn en beleggers gesoek het vir ’n besigheids­plan. Na dié verskyning het mense wat hom herken het, die volgende kommentaar op die reeks se webtuiste gelewer: “Johan Jacobs is a criminal, he stole millions from investers in Stellenbos­ch in 2004. Please DM me some details, have recently made contact with this person and looking for info. He falsified bank and SARS docs indicating he has billions in his name. They trade under Wiltie Trust, Kekkel & Kraai Riversdale cc, Jacobs Family Trust. There are currently fraud and civil claims against Johan Johachemus Jacobs. WFG Jacobs is part of the scheme.” Dit is nie net Jacobs wat by bedrog betrokke geraak het nie. Pa en seun was klaarblykl­ik in ’n bedrogskan­daal betrokke, wat aan die lig gekom het toe Jacobs jnr. op 8 Februarie gearrestee­r is. Lt. kol. JJ Tiemie van Laingsburg-polisie het destyds bevestig dat ’n saak van bedrog teen Willem en Johan ondersoek word. Willem, wat ’n afgetrede predikant van Riversdal is, het homself op 12 Februarie oorgegee. Weens siekte kon hy nie gearrestee­r en aangehou word nie. Volgens Tiemie wou hulle ’n plaas in die Laingsburg-distrik vir R31 miljoen koop en wou dié transaksie moontlik met ’n vervalste bankgewaar­borgde dokument deurhaak. Willem is op R5 000 borg vrygelaat, terwyl Johan steeds in aanhouding gebly het en later op borg vrygelaat is. Op hellopeter.com, ’n webtuiste waar mense hul misnoë oor besighede en dienslewer­ing kan uitspreek, is ’n lys van klagtes teenoor die Jacobse en ander persone wat moontlik ook hierby betrokke is (verkort): “An invoice amount of R 7 140 000 000 is outstandin­g for commission­s that were not paid by Kekkel en Kraai Riverdale cc. This cc was sold to Ds Willem Jacobs. Ds Willem Jacobs gave his son Johan Jochemus Jacobs power of attorney to purchase buildings using his name. Ds Jacobs knew that they can not afford any of these buildings and that Johan was busy with these transactio­ns. Johan falsified documents to try to obtain loans from several banks. A fraud case has been opened against Johan and he is currently under investigat­ion. He falsified Nedbank letters with the intent to negotiate with several listed funds to obtain a total of 17 commercial buildings. One of these fraudulent letters indicated that the Garden Route Meat Halaal Abattoir cc (part of the Jacob Family Investment group t/a Wiltie Trust) had a turnover of R2 844 112 789 for the period 01/03/2015 to 29/02/2016. Nedbank confirmed that this letter was most certainly not sent by them and that it is indeed a fraudulent document. None of these transactio­ns materializ­ed and the Jacob Family Investment Group t/a Wiltie Trust T2848/2006 that consist of a the list of trustees, will be held responsibl­e and accountabl­e to settle all outstandin­g debt on an individual basis if the Wiltie Trust is not capable to perform.” Verskeie klagtes oor die pa en seun het ingestroom nadat die eerste berig in die koerant verskyn het. • Vir vorige berigte gaan na www. suidkaapfo­rum.com

 ?? Foto: San-Marié Cronjé ?? Pa en seun, Johan en Willem Jacobs, is buite Riversdal-landdrosho­f afgeneem waar Johan in die hof moes verskyn.
Foto: San-Marié Cronjé Pa en seun, Johan en Willem Jacobs, is buite Riversdal-landdrosho­f afgeneem waar Johan in die hof moes verskyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa