Suid-Kaap FORUM

Kameraproj­ek op dreef

- San-Marié Cronjé

RIVERSDAL Brandweerp­ersoneel was tot in die oggendure op die toneel in Beverly Hillsstraa­t nadat ’n informele struktuur aan die brand geraak het. ’n Middeljari­ge man en vrou moes gedurende die oggendure van Dinsdag 20 November uit hul huis ontsnap nadat rook by hul huis ingeborrel het. Die ruit het gebars en vlamme het by die venster begin inlek. “Ons het omtrent so 02:15 wakker geword. Ek was stomgeslaa­n en het baie groot geskrik. My man het dadelik opgespring, uitgegaan en die houthuis wat agter ons huis gebou is se deur oopgeskop. Dit was reeds heeltemal aan die brand. Hy het die tuinslang gegryp en die vlamme begin blus,” het die vrou vertel. Hulle het die brandweer geskakel wat nie net gehelp het om die brand te blus nie, maar ook die eienaar met opruimwerk gehelp het. Die twee informele strukture tussen die huise het heeltemal afgebrand terwyl nog ’n ander huis (formele struktuur) groot brandskade gekry het. Hoewel die paartjie se huis gered is, het hulle baie besittings verloor en ’n deel van die huis moet herbou word. Volgens Hessequa-brandweer is geen beserings aangemeld nie en die oorsaak van die brand is onbekend. Enige skenkings van kos, klere, kombuis toerusting en ander benodighed­e kan van Suid-Kaap Forum kantoor afgegee word. Die Hessequa 24uur-noodnommer kan geskakel word om enige brande, vloede of ongelukke aan te meld: 028 713 2222

 ?? Foto: San-Marié Cronjé ?? Die huis aan die linkerkant is ook geraak deur die brand waar die middeljari­ge paartjie woon. Die huis aan die regterkant het baie brandskade opgedoen. In die middel was twee informele strukture wat heeltemal in puin gelê is.
Foto: San-Marié Cronjé Die huis aan die linkerkant is ook geraak deur die brand waar die middeljari­ge paartjie woon. Die huis aan die regterkant het baie brandskade opgedoen. In die middel was twee informele strukture wat heeltemal in puin gelê is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa