Suid-Kaap FORUM

BEURTKRAG is terug

-

HESSEQUA Die streek het die afgelope naweek weer ’n voorsmakie gehad van beurtkrag, wat onverwags toegepas is. Minder goeie nuus is dat dit vir ’n onbepaalde tyd toegepas gaan word. Volgens Susan Geldenhuys, woordvoerd­er van Hessequa-munisipali­teit, moet Eskom fase een beurtkrag instel as gevolg van ’n onverwagte en groot hoeveelhei­d kragstasie­s wat probleme ondervind. Die doel daarvan is blykbaar om die lading minder te probeer maak en sodoende die sisteem te stabilisee­r. Eskom verskaf meer as 95% van Suid-Afrika se krag. Volgens hulle webtuiste is die volgende skedule reeds van krag.

Albertinia, Stilbaai, Melkhoutfo­ntein, Jongensfon­tein, Gouritsmon­d en Riversdal

Donderdag 22 November, 10:00 tot 12:30 Vrydag 23 November, 18:00 tot 20:30 Saterdag 24 November, geen Sondag 25 November, 00:00 tot 02:30 Maandag 26 November, 08:00 tot 10:30 Dinsdag 27 November, 16:00 tot 18:30 Woensdag 28 November, geen.

Heidelberg en Witsand

Donderdag 22 November, 16:00 tot 18:30 Vrydag 23 November, geen Saterdag 24 November, 00:00 tot 02:30 Sondag 25 November, 06:00 tot 08:30 Maandag 26 November, 14:00 tot 16:30 Dinsdag 27 November, 22:00 tot 00:30 Woensdag 28 November, geen. Vir die volledige skedule besoek hulle webtuiste by www.loadsheddi­ng.eskom.co.za •Onderhewig aan veranderin­g.

 ?? Foto: Wilma Adamson ?? Kerse en lampe is weer in die vooruitsig.
Foto: Wilma Adamson Kerse en lampe is weer in die vooruitsig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa