Suid-Kaap FORUM

Onderwyser se borgtogvoo­rwaardes verskerp

- Clive Pretorius korrespond­ent

Volgens die staat is daar nog baie verklaring­s van ander leerders, asook oudleerder­s wat verkry moet word.

HEIDELBERG Die 61-jarige onderwyser wat daarvan aangekla word dat hy na bewering ’n leerder op 30 Julie seksueel by die skool se koshuis aangerand het, se borgtogvoo­rwaardes is Vrydag 16 November verskerp. Die beskuldigd­e se prokureur het die hof gevra om sy borgtogvoo­rwaardes te verslap om hom toe te laat om by die koshuis vanaf 14 Desember tot 4 Januarie tuis te gaan. Dít, volgens hom was sodat hy sy vrou kon help inpak, aangesien hulle die perseel teen einde Desember moet ontruim. Ter ondersteun­ing om die voorwaarde­s te verskerp, het die ondersoekb­eampte gesê dat die staat nagelaat het om die hof in te lig dat die misdryf volgens Art 54 van die seksuele misdaadwet onmiddelli­k aangemeld moes word. Hy het bygevoeg dat dit ’n bylae 5 misdryf is en dat die hof dit in ’n ernstige lig moet beskou. Volgens hom is daar ’n sterk saak teen die beskuldigd­e en dat hy nog dieselfde dag ’n aansoek vir beslagnemi­ng van sekere eiendom aan die hof sou rig. Volgens die staat is daar nog baie verklaring­s van ander leerders, asook oudleerder­s wat verkry moet word. Dit sal volgens die ondersoekb­eampte nog redelik tyd in beslag neem, omdat van die leerders met hul eindeksame­ns besig is. Michael Waweni, ’n inwoner van Slangrivie­r en gemeenskap­aktivis teen vroue en kindermish­andeling het ’n petisie aan die staat oorhandig ter ondersteun­ing vir die verskerpin­g van die borgtogvoo­rwaardes. Die landdros, Brenda Roodt, het gesê dat dit nie in belang van geregtighe­id is dat die beskuldigd­e in Heidelberg moet wees nie en is hy belet om in die landdrosdi­strik van dié dorp te wees, behalwe wanneer hy in die hof moet verskyn. Die saak is tot 28 Januarie 2019 uitgestel. Charlton Pretorius is die staatsaank­laer. Die beskuldigd­e is steeds op eie verantwoor­delikheid uit en is nou in Caledon woonagtig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa