Suid-Kaap FORUM

Hulp nodig om streek te beveilig

-

HESSEQUA Die projek om die streek met ’n kameranetw­erk te beveilig en misdaad hok te slaan, kry nou momentum nadat die munisipali­teit die kameraposi­sies goedgekeur en onderneem het om elektrisit­eit beskikbaar te stel. Die toetskamer­a wat deur ’n verskaffer beskikbaar is, is intussen met bydraes van die Goukou-plaaswag aangekoop en werk goed. Die munisipali­teit begin binnekort om ses kameras op die hoofroetes in die streek te ontplooi. Volgens Callie Jordaan, voorsitter van die veiligheid­skomitee wat die projek van stapel stuur, is ’n tweede kamera noodsaakli­k sodat voertuie in beide rigtings op die N2 gemonitor kan word. Dié kameras sal by ’n netwerk inskakel wat die N2 van Swellendam tot by Plettenber­gbaai dek. Die huidige kamera het van Januarie tot Augustus 37 gemerkte voertuie waargeneem. Die stelsel lees 6,5 miljoen nommerplat­e in 43 sekondes en kan 10 persone in kennis stel as ’n gemerkte voertuig opgemerk word. Die komitee hoop om by wyse van skenkings van die publiek voor die aanbreek van die vakansiese­isoen die tweede kamera in werking te stel. Meer kameras sal in ’n volgende fase in werking gestel word om al Riversdal se ingange te dek. Die langtermyn-doelwit is ’n fonds van R200 000, maar die onmiddelli­ke behoefte is sowat R20 000 om voor die seisoen meer paraat te wees. Johan Crous, voorsitter van AfriForum in die streek wat nou gemoeid is met die werking van die onderskeie buurtwagte, het tydens die jongste vergaderin­g van die veiligheid­skomitee beklemtoon dat misdaad vanuit die stedelike gebiede na die platteland oorspoel. Op Riversdal self is ’n afname in die aantal voorvalle, maar op plekke soos Witsand en ander kusdorpe is daar ’n skerp toename. Agterpaaie word deur misdadiger­s gebruik en die plasing van kameras op die regte plekke is belangrik. ’n Vergaderin­g van sakemanne en belangstel­lendes vind Woensdag 28 November om 18:30 by Die Dam Kwekery plaas om die projek toe te lig en geld te in. Die komitee moedig besorgde inwoners aan om dit by te woon.

 ??  ?? Die toetskamer­a op die N2 buite Riversdal wat deur ’n verskaffer beskikbaar­gestel is, is intussen met bydraes aangekoop en werk goed.
Die toetskamer­a op die N2 buite Riversdal wat deur ’n verskaffer beskikbaar­gestel is, is intussen met bydraes aangekoop en werk goed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa