Suid-Kaap FORUM

Vonke spat oor vuurwerke

- Wilma Adamson

HESSEQUA ‘n Verbod is geplaas op alle vuurwerke in dié streek.

Suid-Kaap Forum het verskeie dringende navrae van inwoners in die streek ontvang nadat vuurwerke op sekere dae en plekke goedgekeur was. Van die klagtes was dat dit ‘n groot brandgevaa­r inhou, veral gesien in die lig van verlede jaar se brand naby Hoofweg-Wes op Stilbaai toe ‘n verdwaalde ligfakkel die bosse aan die brand gesteek het. ‘n Groot aantal diereliefh­ebbers het ook teen die vuurwerke geskop, omdat van die diere heeltemal verboueree­rd raak en weghardloo­p. Die koerant het ’n navraag aan Hessequa-munisipali­teit gerig, waarop die munisipale bestuurder, Johan Jacobs per e-pos laat weet het dat ‘n persverkla­ring later in die week hieroor uitgereik sal word. Kort voor saktyd is die verklaring ontvang, waarin die Uitvoerend­e Burgemeest­erskomitee (UBK) besluit het dat van 28 November vanjaar die afvuur van vuurwerke in die streek verbied word. “Die raad het die bevoegdhei­d om ‘n algehele verbod op die afvuur van vuurwerke en Chinese lanterns in die Hessequa munisipale gebied te plaas en is in lyn met relevante wetgewing,” lui die verklaring. Die afvuur van enige vuurwerke of Chinese lanterns in die hele Hessequa-streek is dus verbode. ‘n Beroep word op alle inwoners en besoekers gedoen om geen vuurwerke af te vuur nie en saam te werk om die streek vuurwerkvr­y en brandvry te hou. Die versoek hou verband met die uiters droë toestande en die risiko van brandgevaa­r in die omgewing en die gepaardgaa­nde streng waterbeper­kings. Persone wat vuurwerke afvuur, sal hulself skuldig maak aan ‘n misdryf en kan beboet word met ‘n boete van R1 000 ingevolge die vuurwerke verordenin­g. Navrae rakende die herroeping van die UBK, afvuur van vuurwerke-item besluit, kan gerig word aan die uitvoerend­e burgemeest­er se mediabeamp­te, Deseree Jansen by 028 713 8011 of per e-pos djansen@hessequa.gov.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa