Suid-Kaap FORUM

Voetganger omgery

-

RIVERSDAL ’n Voetganger is blykbaar nie ernstig beseer nadat hy Vrydag 7 Desember deur ’n motoris raakgery is nie. Volgens die plaaslike polisie het die bestuurder blykbaar vir die man toeter geblaas, maar die voetganger het net bly stap waarna hy getref is. Ooggetuies het genoem dat die man in ’n snaakse posisie gelê het, daarom het dit erger gelyk. Geen saak is geopen nie en die man was teen druktyd nog in Riversdal-hospitaal vir observasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa