Suid-Kaap FORUM

Selfdood: Dit kan met enigeen gebeur

- San-Marié Cronjé

HESSEQUA Sedert Januarie was daar reeds vier selfmoorde in die streek, waarvan ons kennis dra. Wat is die oorsaak daarvan en waarom kry mense nie hulp voor hulle selfdood oorweeg nie? Met ondersoek is gevind dat hier baie min tot geen sielkundig­es in die streek is nie. Meeste mense kan dit nie bekostig om ’n sielkundig­e te raadpleeg nie. Tydens die feesseisoe­n kry die alleenheid, spanning of om ander gelukkig te sien terwyl jy ongelukkig is jou onder. Indien dit vir jou moeilik is om met iemand te praat, skryf ’n brief of vra elders vir hulp. Meeste polisiesta­sies het beraders wat kan help. Enigiemand kan na hul naaste polisiesta­sie toe gaan en vra om met ’n berader te praat. ’n ‘Slagoffer’ wat iemand aan selfdood moes afstaan het genoem dat selfdood gedurig vrae by jou laat stilstaan. Vrae soos: Hoekom? En... sou ek dit kon keer? Jy visualisee­r verskillen­de situasies, want wat as dinge anders kon wees? Wat as ek haar pad kon kruis as sy op pad was om dit te doen? Sou dinge dan anders wees? Sou ek verstaan en glo as sy wel haar hart met my gedeel het? Sou sy dit toeplak met net nóg ’n groter glimlag? “Ons almal glo ’n glimlag so maklik, want ’n glimlag is mos ’n teken van innerlike vreugde? “Dit het my laat besef hoe baie herinnerin­ge en foto’s beteken, want vandag is dit al wat ek oor het van my vriendin. Soms voel ek dit het my laat vrede maak oor die feit dat ek nie almal kan beskerm teen alles nie. Ek het juis gedink hierdie vriendin is dol gelukkig en ek kan meer aandag gee aan die ander wat baie praat oor hulle af vlerke. Ek het besef dis die met die vlerke wat hoog vlieg, wat die maklikste val.” Maak vanjaar seker dat die mense om jou werklik gelukkig is en nie ’n broeiende seer wegsteek nie. Indien jy Kersdag alleen is, gaan lê besoek by jou naaste tehuis af. Baie bejaardes moet Kersdag alleen deurbring. Sodoende is nie jy of hulle alleen nie. Vra rond wie ook alleen by die huis gaan wees en stel voor dat almal saam kos maak en kuier. Indien jy vermoed dat iemand selfdood oorweeg kan die volgende instansies gekontak word: • Op Facebook is verskillen­de groepe wat kan help. • Sewe dae ’n week 24-uur ’n dag kan jy 0800 567 567 skakel. • Jou plaaslike polisiesta­sie. • Lifeline 0861 322 322 www.lifeline.org.za • SA Depression and Anxiety Group 0800 567 567 or SMS 31393 http://www.sadag. org/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa