Suid-Kaap FORUM

Slangvange­r sterf

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Dié dorp se slangvange­r het Saterdagmi­ddag 15 Desember gesterf nadat hy deur ’n 1,7m bruinkapel gepik is. Jan Pieters (54) was onderweg om dit in die veld vry te laat. Hy het om ongeveer 19:00 in Riversdalh­ospitaal gesterf. Pieters, wat ook as Jan Total bekend was, is ongeveer 15:30 na die woning van Dirk en Maria Busch in Joe Slovo Park ont-bied, nadat die slang agter ’n rusbank gewaar is. Volgens Maria Esau het sy haar selfoon hoor lui, maar sy het dit nêrens gesien nie en het besef dat dit agter die rusbank moes wees. Sy het die bank vorentoe geskuif en groot was haar skok toe sy die slang gewaar. “Ek het skreeuend by die huis uitgestorm,” het sy duidelik geskok gesê. Volgens Busch het hy Pieters, wat bekend is vir slange vang laat roep om dit te verwyder. Hy het aangebied om Pieters met sy motor te vervoer om die slang so ver moontlik vry te laat. Pieters het egter geweier en is eers met die slang na sy huis toe. Pieters se hartseer vrou, Mina, verel dat hy gewoonlik die slange huis toe bring voor hy dit in die veld vrylaat. “Jan was ’n diereliefh­ebber en het altyd met sy vangs by sy twee dierekinde­rs, Witvoet, sy hond en Oumatjie, sy hoenderhen kom spog. Hy het ook gereeld met die twee op sy fiets rondgery. Sy jongste dogter, Edwina vertel dat hul pa uit sy pad gegaan het om diere te beskerm. “My pa was altyd beskikbaar om slange uit mense se huise of erwe te verwyder, al was dit ook in die nag.” Sy sê dat haar pa op pad was om die slang te gaan vrylaat, toe hy op die hoek deur mense gevra is om foto’s van hom en die slang te neem. “Dis toe dat my pa sy greep verloor en die slang hom tussen sy vingers pik. “Hy het die slang gaan vrylaat en onmiddelli­k terug gekom. Sy hand was erg geswel, maar hy wou nie hê dat ons die ambulans ontbied nie, maar na ’n rukkie het ons dit wel gedoen.” Die buurvrou, Wilhelmina Roberts vertel dat Pieters, ’n afgetrede munisipale werker, se heengaan vir hulle as bure ’n groot verlies is. “Hy het vir niks teruggesta­an nie. Ek kon enige tyd op sy nommer druk en was hy altyd gewillig om te help.” Buiten sy vrou, Mina laat hy drie dogters en ’n seun, asook vyf kleinkinde­rs agter. Begrafnisr­eëlings was nog nie bekend nie. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

 ??  ?? Pieters is heel tevrede met sy vangs wat later sy tragiese dood veroorsaak het.
Pieters is heel tevrede met sy vangs wat later sy tragiese dood veroorsaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa