Suid-Kaap FORUM

Jokkie klein maar getryn

- San-Marié Cronjé

RIVERSDAL Hendré Lombard (16) het vir ’n vakleerlin­gskap by die South African Natal Jockey Academy gekwalifis­eer. Nadat hy beendighei­d-, psigometri­ese en ander mediese toetse geslaag het, is sy aansoek goedgekeur. Hy begin reeds volgende jaar met dié nuwe avontuur. Helene van Staden het perde op die plaas waar die Lombards tuisgegaan het, laat wei. Gedurende die tyd het Hendré baie belangstel­ling in die versorging van perde getoon. Van Staden het hom toegelaat om op die perd te ry en hom geleer hoe om ’n perd op die regte wyse te versorg. Hy het haar vertel dat iemand hul skool besoek en vertel het dat jy ’n jokkie as beroep kan volg. Sy het hom alles van die beroep vertel en hy het dit oorweeg. Van Staden het later ’n brief aan die jokkie-akademie gestuur, waarna hulle hom gekontak het. “Ek is baie lief vir perde en voel ’n skakel tussen my en die perd. Al het ek nou onlangs eers begin perdry, verstaan ek hulle. Dit is vir my die lekkerste wanneer dit voel of ek en die perd een word.” Hy vermoed hy is die kortste en kleinste in sy skool, maar hy hoef nie terug te staan nie. “Dit is nie altyd lekker om so kort te wees nie. “Jy kom nie by alles by nie en wanneer ons byvoorbeel­d Gold Reef City toe gaan, mag ek van die ritte nie ry nie. Dit is maar hoe die lewe is. Hier kwalifisee­r ek nou om akademie toe te gaan waar ’n ander ou nie sal kan nie. Ander mense kan weer goed doen wat ek nie kan nie.” Omdat hy voorheen in ’n koshuis tuisgegaan het, is hy nie bang om so ver van die huis af weg te wees nie. “Baie dankie aan my ouers, oom Douglas en tannie Helene. Dankie aan my vriende en onderwyser­s wat altyd in my geglo, ondersteun en gemotiveer het.” Hy vertrek op 7 Januarie na Durban. Sy selfoon het onlangs gebreek en hy benodig ’n nuwe een om natuurlik sy ouers en vriende op hoogte van sake te hou. Enigiemand wat graag ’n bydrae vir ’n nuwe foon, sakgeld of ruitertoer­usting wil maak kan Amanda kontak by 071 155 5835.

 ?? Foto: San-Marié Cronjé ?? Hendré Lombard is gereed vir wat voorlê.
Foto: San-Marié Cronjé Hendré Lombard is gereed vir wat voorlê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa