Suid-Kaap FORUM

GOUD vir ’n goue ATLEET

- San-Marié Cronjé

RIVERSDAL Die geliefde goue meisie van die dorp, Marlé van Wyk het eindelik haar welverdien­de goue medalje losgehardl­oop. Sy het aan die Africa Union Sports Council (AUSC), Region Five o.20 Jeugspele van 11 tot 14 Desember deelgeneem. Die byeenkoms is in Botswana, Gaborone by hul nasionale stadion aangebied en nege lande het deelgeneem. Hoewel Van Wyk nou eers 17 is, het sy in die o.20, T13-kategorie deelgeneem. Sy het minder as 10% sig in albei haar oë as gevolg van Stargardt se siekte, ’n toestand wat die sentrale visie en die vermoë om detail te sien beïnvloed. Hoewel sy van ’n baie jong ouderdom met haar sig gesukkel het, is sy eers in 2010 met dié siekte gediagnose­er. Sy kan steeds vorms uitmaak en tussen lig en donker onderskei. Omdat sy ’n besering het wat nog besig is om te herstel, het sy nie aan die 400m deelgeneem nie. Haar eerste medalje is Dinsdag 11 Desember tydens die 100m finaal ingepalm. Tydens die 200m finaal, Donderdag 13 Desember het sy gesorg dat die goue medalje om haar nek sal hang. Sy het met ’n tyd van 28.38 gewen. Met ’n totaal van 47 medaljes, waarvan 19 hul gewig in goud werd is, is Suid-Afrika as algehele atletiek kampioene van die AUSC 5 Jeugspele gekroon. Dit was ’n spanningsv­olle tyd vir haar omdat sy vir die eerste keer alleen moes toer. Haar pa en vriend het haar gaan ondersteun en motiveer, maar die busritte en vlug het sy saam met ’n spanmaat meegemaak. Sy vertel: “Terwyl ons op pad na die halfeindro­nde toe was, vra die meisie wat kop-aan-kop met my was hoekom ek nie die 400m gaan hardloop nie. Ek het haar van my besering vertel en dat ons geen risiko’s wil vat nie, aangesien die 100m direk daarna plaasgevin­d. Ek het vir haar gesê dat sy die 400m moet wen, waarna sy antwoord; ‘yes, but I should win the 200m as well’. Net daar het my binneste mos natuurlik vlam gevat. Want hallo, ons is nou eers op pad na die 200 halfeind toe. In elk geval, toe wen sy my met die halfeind.” Oomblikke voor sy in haar wegspring-blokke moes sak, het sy ’n minderwaar­dige gevoel gekry. Net daar en dan het sy gebid: “Vader, ek kom nou hier voor U en ek staan hier. Ek voel niks, want ek weet nie wat om te voel of wat om te verwag nie. Ek spreek die gevoel weg! Ek wil nou vir U hardloop, niemand anders nie, net vir U. U ken my hart en U weet wat my drome is. So, as dit in U wil is dat ek vandag hier wegstap met my droom van ’n vlag rondom my en ’n goue medalje met die landslied en die landsvlag wat gehys word, dan is dit in U wil. Dan is dit my bonus van U af. As dit nie in U wil is nie, dan is dit doodreg, want ek is hier om dit te geniet en om uit en uit net vir U te hardloop. So laat hierdie reis in U wil gebeur.” Na die intieme gesprek het hulle weggesprin­g en hoewel sy vir ’n paar sekondes nie heel voor was nie, kon sy almal inhaal en haar bors eerste oor die wenstreep laat beur. Sy wil graag vir almal dankie sê vir elke boodskap en ondersteun­ing. Tydens een van die onderhoude het sy gesê: “Hou jou kop bo en nie onder nie, want ons Vader is daar Bo, nie hier onder nie.”

 ??  ?? Marlé van Wyk (regs) van Hoërskool Langenhove­n op Riversdal het Suid-Afrika tydens die Jeugspele in Botswana verteenwoo­rdig. Nege lande het deelgeneem. Sy verower ’n goue- en silwermeda­lje. Hier staan Van Wyk saam met haar spanmaats voor die televisiek­ameras.
Marlé van Wyk (regs) van Hoërskool Langenhove­n op Riversdal het Suid-Afrika tydens die Jeugspele in Botswana verteenwoo­rdig. Nege lande het deelgeneem. Sy verower ’n goue- en silwermeda­lje. Hier staan Van Wyk saam met haar spanmaats voor die televisiek­ameras.
 ??  ?? Na haar 200m oorwinnig het Super Sport ’n onderhoud met haar gevoer.
Na haar 200m oorwinnig het Super Sport ’n onderhoud met haar gevoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa