Suid-Kaap FORUM

Dwelms van strate af

-

Vermeende dwelmhande­laars wat beplan het om 'n besending dwelms in Albertinia af te lewer, se planne is Saterdag, 4 Julie omstreeks 17:30 deur die Langeberg K9 honde-eenheid in die wiele gery.

Sersant JM Spangenber­g van K9 vertel dat hy inligting uit die gemeenskap ontvang het dat 'n spesifieke voertuig, afkomstig van Mosselbaai dwelms op 'n gereelde basis aan plaaslike handelaars lewer.

"Ek het die voertuig sowat 5km voor Albertinia opgemerk en agternages­it. Die bestuurder het my opdrag om die voertuig tot stilstand te bring, geïgnoreer en het sy snelheid verhoog. Die passasier het twee keer voorwerpe uit die voertuig gegooi voor dit later, met behulp van die Albertinia-polisie tot stilstand gebring is," verduideli­k hy. Spangenber­g, wat ook 'n dwelmhondg­eleier is en sy dwelmhond, Donna het die voorwerpe wat tydens die jaagtog uitgegooi is, opgespoor. Sy hond het positief reageer by twee plastieksa­kkies wat met mandraxtab­lette gevul is was.” Die 75 tablette het 'n straatwaar­de van R6 000.

Beide verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagtes van handeldryf in mandrax, of die alternatie­f, besit van mandrax. Hulle is Maandag, 6 Julie vrygelaat, hangende die uitslag van die dwelm forensiese verslae.

"Ek is dankbaar dat die mense uit die gemeenskap my in hul vertroue geneem het met die inligting wat tot die twee arrestasie­s gelei het. Dis egter belangrik dat inwoners op die uitkyk moet wees vir enige vorm van onreëlmati­ghede sodat ons hierdie dwelm-euwel uit ons gemeenskap­pe kan dryf," maan hy. Adjudant-offisier Daniel Prins, eenheidsbe­voerder het Spangenber­g bedank vir sy toegewydhe­id en die verskil wat hy in die Hessequa-streek maak wat dwelmverwa­nte sake betref.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die dwelmvonds.
Die dwelmvonds.
 ??  ?? Die twee verdagtes. LINKS: Die voertuig waarin die dwelms vervoer is. Foto’s verskaf
Die twee verdagtes. LINKS: Die voertuig waarin die dwelms vervoer is. Foto’s verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa