Suid-Kaap FORUM

Kwarantynf­asiliteit by karavaanpa­rk

- • Lees die volledige berig op ons webtuiste by www.suidkaapfo­rum.com

Berigte op sosiale media doen die rondte dat Swellendam-munisipali­teit nie aan protokolle voldoen vir ontsmettin­g en higiëne met betrekking tot Covid19-regulasies in een van die aangewese kwarantynf­asiliteite nie, naamlik die Swellendam-karavaanpa­rk.

Volgens Bianca McKechnie, senior media- en kommunikas­iebeampte van die munisipali­teit is die karavaanpa­rk vanaf die begin van die verklaarde nasionale ramptoesta­nd op 15 Maart en die gevolglike staat van inperking wat op 26 Maart begin het, ingevolge die Wet op Rampbestuu­r as ’n kwarantynf­asiliteit aangewys. "Die doel van die fasiliteit is om as ’n afsonderin­gsfasilite­it te dien vir diegene wat asimptomat­ies is of geringe simptome het, maar nie in staat is om hulself tuis af te sonder nie. Elke eenheid by die karavaanpa­rk word deeglik skoongemaa­k en ontsmet voor inwoners ingeteken word, asook ná hulle vertrek," verduideli­k sy.

Basiese skoonmaakm­iddels en –toerusting word intussen in elke eenheid aan individue voorsien om na die algemene skoonmaak van badkamers om te sien. ’n Opsigter en munisipale amptenaar is in die karavaanpa­rk tot inwoners se beskikking om voedsel af te lewer wat deur die munisipali­teit voorsien word, asook items soos toiletpapi­er en skoonmaakm­iddels indien voorraad sou opraak.

Omdat die munisipali­teit ’n diens vir daaglikse maaltye lewer, word dit in weggooibar­e houers met weggooibar­e eetgerei voorsien. Dit word dadelik na gebruik verwyder. Derhalwe word skoonmaakm­iddels vir die kombuis nie voorsien nie, aangesien herbruikba­re kooken eetgerei nie verskaf word nie. "Indien inwoners items vir persoonlik­e higiëne benodig of hul tyd in afsonderin­g weg van gesinslede moet deurbring, kan dit ook gereël word met die amptenaar wat die fasiliteit en sy inwoners bestuur."

Gegewe die feit dat inwoners in hul kamers en eenhede móét bly, is die deeglike skoonmaak en ontsmettin­g van eenhede nie nodig terwyl inwoners in kwarantyn is nie, maar slegs na hulle die perseel verlaat het aan die einde van hul afsonderin­gstydperk van twee weke en na hulle deur die bestuurspa­n van Swellendam-hospitaal as gesond verklaar is. Alle inwoners is, waar moontlik, verantwoor­delik vir die skoonmaak van hul eie kamers en eenhede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa