Suid-Kaap FORUM

Alma Park ontwikkel in ’n pragbuurt

-

Neffens die Alma-kliniek is ‘n voorkeur woonbuurt, Alma Park stadig besig om gestalte te kry. Met 33 nuwe wonings reeds voltooi en ‘n verdere 40 in aanbou, is daar nog 24 huiseienaa­rs wat na die sooispit van hul eie, nuwe wonings uitsien.

Uiteindeli­k sal 97 nuwe huiseienaa­rs by die ontwikkeli­ng baat vind.

In 2017 is daar met verkoop van erwe begin teen 50% van die waarde soos deur die munisipale raad besluit is. Die koopsom was sowat R52 500. Die raad het ook bepaal dat die eiendomme teen ‘n minimum waarde van R210 000 opgerig moet word. Tans spog die ontwikkeli­ng met heelwat huise wat die minimumwaa­rdasie by verre oorskrei.

Die nuwe eienaars is drie jaar gegun ná registrasi­e om met die bouwerk aan hul huise te begin en in gevalle waar nog nie met bouwerk begin is nie, het die munisipali­teit skrywes uitgestuur om stukrag aan die proses te gee. Waar nodig, mag die munisipali­teit gebruik maak van die terugvalkl­ousule om erwe teen die oorspronkl­ike prys terug te neem om weer te bemark sodat die geleenthei­d vir behuising in hierdie prag-woonbuurt ten volle benut mag word.

Verskeie eienaars het die bouwerk van hul droomhuise self hanteer, hoewel 16 van die huise deur ‘n ontwikkela­ar vir bekostigba­re behuising opgerig is. In hierdie geval is erwe per ope tender aan die ontwikkela­ar toegeken en kon enige familie wat wel kwalifisee­r van die ontwikkela­ar gebruik maak.

Die projek, wat in 2008 reeds deur die raad aanvaar en goedgekeur is, nader nou vinnig voltooiing nadat die ontwikkeli­ng van die erwe en die nodige dienste in fases deur die munisipali­teit en namate fondse deur die raad bewillig is, afgehandel is.

“Hierdie ontwikkeli­ng is maar een voorbeeld van die sukses waarmee behuising vir alle inkomstegr­oepe in die groter Mosselbaai bewillig word.

Mosselbaai-munisipali­teit wens die nuwe huiseienaa­rs jarelange vreugde in hul nuwe wonings toe,” sê die uitvoerend­e burgemeest­er, Harry Levendal.

 ??  ?? Verskeie eienaars het die bouwerk van hul huise in Alma Park self hanteer.
Verskeie eienaars het die bouwerk van hul huise in Alma Park self hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa