Suid-Kaap FORUM

Minstens 12 kinders by hondegeveg

- Louise Karsten

Minstens 12 kinders van Mosselbaai staar aanklagte van dieremisha­ndeling in die gesig nadat beeldmater­iaal die afgelope week aan die lig gekom het. Die beeldmater­iaal toon 'n grusame hondegeveg wat in 'n oop veld by JCC-kamp duskant Boland Park plaasvind.

'n Werknemer van Scorpio Sekuriteit het verby die skokkende toneel gery en dit toe verfilm. Die video is altesaam bykans 30 minute lank en wys grafiese beeldmater­iaal van die kinders wat die honde aanhits waarna die diere dan in ‘n geveg betrokke raak. Die Dierebeske­rming s vereniging (DBV) op Mosselbaai het hulle kort na die voorval na die toneel gehaas. Polisiebea­mptes van die K wa Non q ab a polisiesta­sie het die DBV-personeel bygestaan.

Kommunikas­ie beampte, sersant Kappie Kapp sê toe hulle op die toneel aankom, was die hondegeveg reeds verby. Hy sê daar was wel duidelike "bewyse" dat die honde op die toneel seergekry het. Personeel van die DBV het na ‘n ondersoek drie honde, wat soos Amerikaans­e veghonde lyk, uit die woongebied verwyder. Die presiese ras van die honde is egter nie bekend nie.

Die honde is vir mediese behandelin­g geneem en sterk steeds by die DBV aan.

“Die honde is nou veilig en daar word na hulle omgesien. Maatskapli­ke dienste sal ook in die proses betrokke wees, soos die Kinderwet dit bepaal. Ons vertrou dat die kinders wat hierby betrokke was ook die nodige leiding en ondersteun­ing sal kry,” sê Kapp.

Die DBV het bevestig dat die ondersoek afgehandel is en dat 'n saak van dieremisha­ndeling by die K wa Non q ab a polisie aanhangig gemaak is ." Ons sal in samewerkin­g met die polisie die verdere ondersoek dryf en het ons ondersoek aan die polisie oorhandig. Ons moet byvoorbeel­d nog met die ouers van die kinders praat," het 'n werknemer van die DBV aan die Mossel Bay Advertiser bevestig. Die honde bly voorlopig in besit van die DBV tot die saak afgehandel is.

Die DBV het verkies om nie foto's van die honde te verskaf nie, omdat hulle die kinders se identiteit wil beskerm. "Die gemeenskap leef na aan mekaar en sal weet wie die kinders is wanneer hulle die honde op foto's herken."

Die saak duur voort.

 ??  ?? ‘n Skermgreep van die beeldmater­iaal van ‘n hondgeveg naby die JCC-woongebied.
‘n Skermgreep van die beeldmater­iaal van ‘n hondgeveg naby die JCC-woongebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa