Suid-Kaap FORUM

Model deur hond gebyt

-

‘n Een-en-dertigjari­ge vrou en model van Brandwag sterk goed aan nadat sy op Sondag, 26 Julie deur ‘n hond op straat aangeval is.

Lené James sê die hond wat vir haar soos ‘n tipe veghond gelyk het, het eers ‘n kind gejaag voordat die hond na haar gedraai het. “Ek was op pad na my tannie om brood te gaan haal toe dit gebeur het.”

James is aan haar bobeen gebyt. Sy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar sy vir die bytwond behandel is en is kort daarna ontslaan. “Die dokter by die hospitaal het vir my gesê dat daar nog sulke voorvalle was.”

Die Mossel Bay Advertiser het navrae oor die vermoedeli­ke ander voorvalle gerig maar kon teen druktyd geen bevestigin­g kry nie. 'n Woordvoerd­er van die Life Bay View privaat hospitaal het gesê dat geen inligting oor pasiënte bekend gemaak kan word nie.

 ??  ?? Lené James is aan haar bobeen gebyt.
Lené James is aan haar bobeen gebyt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa