Suid-Kaap FORUM

Oud-skoolhoof keer terug

-

Baie ouers is verheug dat die voormalige skoolhoof van Hoërskool Albertinia, mnr Dennis Karelse, weer terug in sy kantoor is.

"Ek was vyf jaar hier voor ek en my gesin na Oman naby Dubai toe gegaan het," vertel hy. "Ek en my vrou, Carmen, was in Oman by dieselfde skool. Ons het Engels by die skool gepraat en Afrikaans by die huis. As ek by die skool nie aan 'n Engelse woord kon dink nie, het my vrou my gou gehelp en ons vul mekaar se sinne aan."

Iemand het geprofetee­r dat dit vyf jaar sal wees - en toe was dit vyf jaar. Ek het verlede jaar 'n saalbyeenk­oms hier gedoen, die eerste keer in 'n lang tyd dat ek weer iets by die skool kom doen het. Die Here het met my gepraat dat ek moet terugkom, ek het nog werk om hier te doen. "Karelse het uit Oman bedank en weer teruggekom, want met Covid-19 het baie dinge handomkeer verander. "Net voor die inperking het ek aansoek gedoen en toe die inperking begin is ek goedgekeur. Ons is soos konings in isolasie behandel toe ons in Suid-Afrika land.

"My oudste seun studeer aanlyn vir sy tweede jaar, my middelkind studeer in Maleisië ook vir haar tweede jaar en ons jongste seun het graad 10 in Oman voltooi. Daar begin die skooljaar reeds Augustus tot Junie, daarom het hy reeds bietjie vakansie."

Karelse se doelwit is om ouers en onderwyser­s saam te laat staan ter wille van die kinders. "Ek wil graag ’n 100% slaagsyfer bereik, ten spyte van Covid-19. Tans sloer die departemen­t met 'n voedingske­ma vir die skool, hoewel dit reeds goedgekeur is."

Sy boodskap aan graad 12-leerders is om hard aan hul toekoms te werk. "Julle het te ver gekom om net om te draai."

Die skool het tans 54 matrieklee­rders en met die pandemie is dit 'n groot uitdaging vir die skool. Maar Karelse meen hy hou baie van uitdagings. "Ek sal hier bly solank die Here sê ek moet hier bly."

Carmen keer weer terug na Voorwaarts Primêre skool op Riversdal waar sy ook voorheen onderwys gegee het. Albei is bly om weer terug in Suid-Afrika te wees.

‘Net voor die inperking het ek aansoek gedoen en toe die inperking begin is ek goedgekeur.’

 ??  ?? Mnr Dennis Karelse
Mnr Dennis Karelse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa