Suid-Kaap FORUM

Koekbak bring ‘n top titel in haar sak

- Mariska Visagie

Bobaasbaks­ter Ashley Roets van Albertinia is onlangs as die Top Troubedryf en Diensversk­affer 2021 in die Tuinroete en Sentraal Karoo aangewys.

Ashley is op 16 Maart anoniem aanlyn deur bruidspare genomineer en was sommer vroeg reeds onder die top 4 voor sy dié gesogte titel opgeraap het. Slegs bruidspare wat tussen Desember 2020 en Januarie vanjaar getrou het, kon stem.

Presies vyf jaar gelede het Ashley gesê sy wil ‘n koek vir haar vriendin bak. Daardie dag lewer sy die koek met reënboogkl­eure aan die binnekant, Barbie-pop smash cake en kolwyntjie­s af. Haar vriendin was verstom. Net daar het die gogga Ashley behoorlik gebyt

“Ek bly byna my hele lewe lank in Albertinia. Ek was drie maande oud toe my ouers hierheen getrek het. My pa het by Sasol gewerk en het ‘n verplasing na Mossgas gekry, nou bekend as PetroSA,” vertel sy.

Haar laerskooll­oopbaan is plaaslik voltooi, maar sy was in Hoërskool Langenhove­n op Riversdal tot matriek. Daar het sy verbruiker­sstudies as een van haar vakke gehad en het dit baie geniet. Sy het in Pretoria gaan werk, maar is na ongeveer drie jaar weer sak en pak terug op haar geliefde tuisdorp.

“Dié dorp bly maar my gunsteling­plek. Ek is ‘n oop mens en hou baie van lag. My hart is soos ‘n taxi - altyd plek vir nog,” skerts sy.

Ashley leef uiters kreatief, van eetbaar tot nie eetbaar, maar om koek te bak is haar lewe en grootste plesier. Sy is lief vir diere en het ‘n sagte plek vir mense, veral vir kinders.

“Ek het die voorreg om nog op die kleinhoewe te bly waar ek grootgewor­d het. My Hemelse Vader stap elke dag saam met my en Hy het my ook geseën met die voorreg om vandag te kan sê ek is getroud met my pot se deksel. Die liefde van my lewe is, kan jy dit glo, ‘n ou skoolmaat van laerskool se dae.”

 ??  ?? Ashley besig om te doen wat sy die beste doen - en dis duidelik dat sy dit geniet.
Ashley besig om te doen wat sy die beste doen - en dis duidelik dat sy dit geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa