Suid-Kaap FORUM

Goeie resultate na WP/SWDoefenlo­pie

- Alex Marshall

Terwyl die meeste dorpe na ‘n bietjie klubrugby smag, het Heidelberg besoek van ‘n WP 15-tal gekry wat in ‘n opwarmings­wedstryd teen ‘n SWD 15-tal op Heidelberg kom speel het.

Daar was streng maatreëls. Geen toeskouers is toegelaat nie, die pad voor die pawiljoen was afgesper en sekuriteit­spersoneel was oral te sien.

Die wedstryd was inderdaad ‘n oefenlopie vir beide spanne. Spelers was deurlopend in verskeie posisies geskuif, terwyl van die bank af gereeld vars spelers ander vervang het.

Die WP-spelers het met hul vinnige agterlynsp­elers die SWD gedurig onder geweldige druk geplaas en moes hulle kwaai wal gooi. Tog het die agttal hul man goed gestaan in die eerste 12 minute.

In die vaste losspel het Roelfse en Duke Jantjies gewoel en ‘n bars verdedig teen hul jonger en beweeglike­r teenstande­rs. Na 15 minute het die WP se agterlyn-blitse vir eerste drie oorgegaan.

Adi Jacobs op regtervleu­el was regs geskuif om die blitse te probeer keer. Hoewel sy verdedigin­g rotsvas was, het ‘n ander blits elders opgeduik en so SWD se verdedigin­g tot die uiterste beproef.

WP se binne senter, Emmanuel Tsivambu het gate in die SWD se agterlyn laat oopgaan met swenke en lyne wat telkens verander het. Die WP drieë was die een na die ander ingeryg soos die Kapenaars die swak plekke van SWD begin uitbuit het.

Met die toevoeging van SWD-kaptein en binnesente­r in die laaste 20 minute het die SWD skielik begeesterd begin speel, lynstane gewen en beter begin skrum ook. Drieë is toe aangeteken deur vaste voorspeler Roelfse, terwyl Jacobs beloon is vir sy goeie spel op vleuel met ‘n drie in die hoek, na ‘n volle lynbewegin­g.

Die tellings was nie belangrik nie, aangesien die wedstryd slegs as oefenlopie gedien het, met vele wateronder­brekings om veranderin­gs aan die spanne te maak. Beide spanne se afrigters kan terugkeer na die oefenvelde met goeie idees hoe die span in die verskillen­de fasette gevaar het onder wedstryddr­uk.

En agter die draad, ‘n ent van die veld af, kon die rugbydorst­iges darem ietsie te siene kry van hul geliefde spel.

 ??  ?? SWD wen ‘n “turn-over” bal.
SWD wen ‘n “turn-over” bal.
 ??  ?? SWD-slot Jordan van Dyk rank hoog. Foto’s: Alex Marshall
SWD-slot Jordan van Dyk rank hoog. Foto’s: Alex Marshall

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa