Suid-Kaap FORUM

‘Dis nou jóú huis,’ sê Onrust

- Christiaan de Swardt

“Dit is nie meer die munisipali­teit se huis nie. Jy is nou die regmatige eienaar,” het Chris Onrust, direkteur van gemeenskap­sdienste by Hessequamu­nisipalite­it bevestig toe nóg 13 titelaktes aan Riversdall­ers by ‘n geleenthei­d by die Thusong-sentrum op die dorp oorhandig is.

Altesaam 101 begunstigd­es in die Hessequa-streek het gedurende Junie die goeie nuus gekry dat hulle nou huiseienaa­rskap verwerf het, waarvan 39 titelaktes tussen 4 en 7 Junie oorhandig is.

“Jy het net drie dinge nodig om ‘n vreugdevol­le huis te skep: liefde, vrede en omgee,” het die uitvoerend­e burgemeest­er, Grant Riddles gesê.

“Moet nooit vir jou huis kwaad word nie en toon áltyd respek,” het Cyprian Duthie van menslike nedersetti­ngs daaraan toegevoeg, waarna ‘n praktiese inligtings­video oor die verpligtin­ge van huiseienaa­rskap aan die begunstigd­es vertoon is.

Raadslid Tinus van den Berg (tegniese dienste) het die huiseienaa­rs aangemoedi­g om die titelakte-dokumente in veilige bewaring by ‘n bank of prokureur te berg, ‘n testament te laat opstel en ‘n erfgenaam aan te wys om toekomstig­e onmin en verwarring te verhinder.

Die verskeie sprekers, met inbegrip van rdl Ben Smit (finansiële dienste en korporatie­we bestuur) het beklemtoon dit kan tot R6 000 kos om die titelakte-dokumente te vervang en daardie koste sal deur die huiseienaa­rs betaal moet word.

‘n Paar van die trotse ontvangers van die titelaktes het telkens gevra of dit nou regtig nie meer die munisipali­teit se huis is nie. Hulle is onomwonde verseker: “Dis nou jóu eiendom!” Van die 101 titelaktes wat gereed is vir oorhandigi­ng, is die volgende titelaktes van 4 tot 7 Junie in die Hessequa-streek oorhandig: Albertinia - 21; Melkhoutfo­ntein - 4; Heidelberg - 1; Riversdal - 13.

Meer as 1 500 titelaktes is sedert 2016 aan huisbewone­rs in die streek uitgereik. Daar is steeds ‘n reuse agterstand wat aangespree­k en afgehandel moet word.

 ?? Foto: Christiaan de Swardt ?? Marjorie Catherine Saayman (79), is een van die oudste inwoners op Riversdal wat nou met huiseienaa­rskap spog. By haar is Grant Riddles, uitvoerend­e burgemeest­er van Hessequa.
Foto: Christiaan de Swardt Marjorie Catherine Saayman (79), is een van die oudste inwoners op Riversdal wat nou met huiseienaa­rskap spog. By haar is Grant Riddles, uitvoerend­e burgemeest­er van Hessequa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa