Suid-Kaap FORUM

Haakplekke met inenting krap om

- Cornelle Carstens

Met die eerste week van inenting teen Covid-19 by verskeie punte in Mosselbaai agter die rug, is daar gemengde reaksie vanuit die gemeenskap ontvang. Hoewel die Mossel Bay Advertiser via sosiale media positiewe terugvoeri­ng ontvang het, was daar etlike klagtes van oues wat onverrigte­r sake, na ure se wag, huis toe gestuur is.

Bejaardes het op Maandag, 14 Junie in lang rye by die D'Almeida-gemeenskap­saal gestaan waar van die meeste probleme gerapporte­er is. Klagtes was onder meer dat geen sanitering gedoen is nie en dat sosiale afstand ook nie gehou is nie. Klaarblykl­ik het die wagtendes mekaar self begin organiseer en aan mekaar nommers begin toeken. Dit was in die geval van persone wat nie 'n formele afspraak gehad het nie en moontlik in aanmerking kon kom vir van die oortollige entstowwe toegeken. Die

Advertiser het ook verneem dat sommige pasiënte hulle afspraakno­mmers, 'n unieke kode, met ander gedeel het wat tot gevolg gehad het dat entstowwe voortydig opgeraak het.

Van diegene wat Maandag by D'Almeida 'n bloutjie geloop het, het op Dinsdag na Alma-kliniek geskuif en vanaf 06:30 daar gewag nadat inligting ontvang is dat pasiënte sonder 'n afspraak ingeënt sou kon word.

"Teen 10:30 het 'n personeell­id na ons toe gekom en gesê sy het sopas 'n boodskap ontvang dat geen pasiënte sonder afspraak ingeënt sal word nie. Nie dié week nie en ook nie volgende week nie. Ons is almal huis toe gestuur."

Toestromin­g

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid, ervaar die sub-distrik tans ‘n groot toestromin­g na inentingsp­ersele van mense wat nie afsprake het nie.

"Ons het begrip vir die publiek se angstighei­d om die inenting te ontvang. Ons inentingsp­ersele gee voorkeur aan persone met afsprake. Dit is diegene wat hulle tweede SMS gekry het met hul afspraakbe­sonderhede en unieke kode. Eers hierna kan ons instapklië­nte help indien ons entstof oor het vir daardie bepaalde dag."

Ferreira het ook gesê dat hulle sover moontlik poog om mense op ‘n veilige afstand van mekaar te hou deur stoele uit mekaar te pak waar hulle kan sit en wag.

Wat betref die deel van unieke kodes, het Ferreira gesê dat dit vir die departemen­t tot groot kommer is.

"Ons het opgelet dat mense met unieke kodes vir inentings kom wat nie aan hulle toegeken is nie. Dit beteken as ons die identiftei­tsnommer met die unieke kode vergelyk, is dit nie dieselfde persoon nie. Ons het die eerste 4 mense tegemoet gekom en hulle korrekte unieke kodes gegee aangesien ons nie bewus was van die situasie nie. Almal wat werklik afsprake gehad het, het wel hulle inenting ontvang.

"Ons vra dat die mense asseblief nie hul unieke kode met ander mense deel nie. Indien jy geregistre­er het en later besluit om nie meer die inenting te kry nie, mag jy nie die unieke kode vir iemand anders gee nie. Die stelse sal wel na jou derde afspraak wat gemis is, jou registrasi­e kanselleer. Ons doen egter ‘n ernstige beroep op mense om hul afsprake na te kom," het Ferreira afgesluit.

 ??  ?? So het dit Maandagogg­end, 14 Junie om 07:30 by die D’Almeida-gemeenskap­saal gelyk. Party wagtendes het om 11:00 die aftog geblaas om entstowwe te ontvang.
So het dit Maandagogg­end, 14 Junie om 07:30 by die D’Almeida-gemeenskap­saal gelyk. Party wagtendes het om 11:00 die aftog geblaas om entstowwe te ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa