Suid-Kaap FORUM

Stormwind saai verwoestin­g

-

Hessequa-streek het erg onder ‘n stormwind met plek-plek gepaardgaa­nde reën gedurende die vroeë oggendure van Woensdag, 30 Junie deurgeloop.

‘n Vlak 6-waarskuwin­g van sterk wind is die vorige dag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik, maar min mense het voorsien dat dit so erg sou wees.

Stilbaai en Jongensfon­tein

Johan Victor, Suid-Kaap Forum se korrespond­ent op die kusdorpe berig dat strukturel­e skade by verskeie plekke aangerig is, bome is ontwortel en selfs ‘n kennisgewi­ngbord is omgeruk. Twee van Stilbaai se karwasplek­ke se daknette het afgewaai en van die strukture is beskadig.

In Reservoirs­traat versper ‘n groot boom die hele pad en by een van die huise naby OK Foods is die skuifhek afgeruk.

Albei dorpe was vir baie lank sonder krag.

Die volle omvang van skade was teen druktyd nie bekend nie.

Heidelberg, Slangrivie­r en Witsand

Korrespond­ent Clive Pretorius berig dat Heidelberg en omgewing ook nie die stormwind vrygesprin­g het nie. Kleine Pikkewyne-kleutersko­ol se dak het heeltemal afgewaai en groot skade is in die klaskamer aangerig.

Op Slangrivie­r is ‘n paar huise se dakke erg beskadig, veral die informele strukture.

Op die Witsand-pad het ses elektrisit­eitspale omgewaai en is dit die oorsaak dat die toevoer in Witsand en Slangrivie­r, asook Joe Slovo Park en Diepkloof op Heidelberg vir baie lank af was.

Riversdal en Albertinia

Om ongeveer 02:00 het die stormsterk wind behoorlik takke en allerlei los items deur die lug laat vlieg.

Kragonderb­rekings het oral in die distrik voorgekom en hoewel die dorp se toevoer redelik vinnig deur Hessequa-munisipali­teit herstel is, was plaasbewon­ers nie so gelukkig nie. Bome het op sommige kraglyne geval en moes dit eers verwyder word.

Oral in Riversdal het los takke, blare en rommel rondgelê.

Ook in Albertinia het veral informele strukture sleg deurgeloop en verskeie dakke het afgewaai.

 ?? Foto: Clive Pretorius ?? Chastity Swartbooi, opvoeder by Kleine Pikkewyne-kleutersko­ol op Heidelberg staan verslae in haar klaskamer na die stormwind die dak afgewaai het.
Foto: Clive Pretorius Chastity Swartbooi, opvoeder by Kleine Pikkewyne-kleutersko­ol op Heidelberg staan verslae in haar klaskamer na die stormwind die dak afgewaai het.
 ?? Foto: Johan Victor ?? Dié groot boom in Stilbaai is heeltemal ontwortel.
Foto: Johan Victor Dié groot boom in Stilbaai is heeltemal ontwortel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa