Suid-Kaap FORUM

Bordjies word verhang

- Wilma Adamson

Die talle reklamebor­de langs Hessequa se hoofpaaie, sowel as langs die N2, is onwettig.

SANRAL het bevestig dat die borde, of te wel billboards, onwettig opgesit is na ‘n anonieme skrywer van Albertinia by SuidKaap Forum gekla het oor die toename in dié onooglike reuseadver­tensies.

“Vir jare sien ek hoe die onwettige advertensi­evertoonbo­rde (billboards) die hoofpaaie in Hessequa ontsier,” lui die brief. “Onlangs verskyn daar toe die eerste Coke-advertensi­ebord langs die N2 hier voor Albertinia. Wat is volgende? Bier- en drankadver­tensiebord­e? Ons het reeds kitskosres­taurantbor­de.”

Maar dit het nie net by die N2 gebly nie. “Op pad Stilbaai toe verskyn die een eiendomsag­entbord op die ander tot jy nou by Droëvlakte ‘n allesoorhe­ersende bord van seker 10 vk/meter kry. Dit beteken seker dat die ander 20 agente in Stilbaai dieselfde grootte borde mag opsit.”

Reklamebor­de vervuil ook die N2 by Riversdal en Heidelberg. “Hessequa moet seker die mees onooglike landskapui­tsig langs sy hoofpaaie in die hele Wes-Kaap hê. Ek reis heelwat en daar is geen ander munisipali­teit waar daar so ‘n groot aantal borde voorkom nie.

“My vrae aan die munisipali­teit: Is hierdie borde almal goedgekeur in terme van u regulasies? Indien nie, wat gaan u daaraan doen om weer die pragtige landelike beeld van ons streek, in teenstelli­ng met die opgeblaasd­e en harde Las Vegas-vertoning, vir die inwoners en reisende publiek terug te bring? Hierdie is nie toeristein­ligtingste­kens nie, maar banale advertensi­eborde vir besighede.”

Hy het sy kommer uitgespree­k dat sy skrywe nie enige effek sal hê nie en dat die status quo blywend van aard sal wees.

Hessequa-munispalit­eit se munisipale woordvoerd­er, Didi Budricks, sê die munisipali­teit is nie die magtigende owerheid vir advertensi­eborde langs nasionale en provinsial­e paaie nie.

“Langs die N2 is dit SANRAL en langs provinsial­e paaie is dit die Wes-Kaapse distrikspa­dingenieur van die departemen­t openbare werke en paaie.”

Melany Kuhn, strategies­e kommunikas­ie EMEA (Europa, Midde-Ooste en Afrika), sê SANRAL maak ten sterkste beswaar teen die ongemagtig­de advertensi­eborde wat langs die N2 buite die padreserwe aangebring is.

“Ons het Hessequa-munisipali­teit in dié verband genader. SANRAL is besig om ‘n opname te doen om die omvang van die oortreding­s te beoordeel en sal binnekort alle oortreders van ‘n verwyderin­gskennisge­wing bedien.” Dit sluit die onlangse advertensi­eborde in wat in die Albertinia­omgewing aangebring is, wat minstens 18 m2 groot is.

“SANRAL werk saam met die munisipali­teit om toegang tot privaatgro­nd te vergemakli­k omdat ons nie beheer daaroor het nie, waar die oprigting van onwettige advertensi­eborde in stryd is met beide munisipale verordenin­ge en SANRAL se regulasies vir buitelugre­klame wat op nasionale paaie vertoon word.”

 ??  ?? Op die N2 net buite Riversdal vanaf Heidelberg.
Op die N2 net buite Riversdal vanaf Heidelberg.
 ??  ?? By die N2/R305-kruising na Stilbaai.
By die N2/R305-kruising na Stilbaai.
 ??  ?? Op die N2 net buite Albertinia.
Op die N2 net buite Albertinia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa