Suid-Kaap FORUM

Stormsterk wind rig groot skade aan

- Louise Karsten en Cornelle Carstens

Groot skade is gedurende die oggendure van Woensdag, 30 Junie deur sterk rukwinde op Mosselbaai en omliggende gebiede aangerig. Dit volg nadat ‘n vlak 6 waarskuwin­g van sterk wind deur die SuidAfrika­anse Weerdiens uitgereik is.

Kort nadat ‘n stormsterk wind vanaf omstreeks 03:00 in die groter Mosselbaai begin tier het, het inwoners van verskeie buurte foto’s van en kommentaar oor die skade op sosialemed­ianetwerke begin laai. Sover bekend, is niemand tydens die storm beseer nie.

Volgens berigte, het die wind by tye teen ‘n snelheid van meer as 108 kilometer per uur gewaai.

Wat die tasbare skade betref, aangerig oor ‘n wye gebied binne die groter Mosselbaai van KwaNonqaba tot Hartenbos Heuwels, is berigte ontvang oor dakplate, -kappe en -teëls wat afgewaai is. Afdakke wat by sommige huise ingemessel was is uitgeruk en bome het deurgeloop deurdat dit omgewaai of takke deur die krag van die wind afgeskeur is. Uit Danabaai is berig dat ‘n mobiele toilet tot in die pad geslinger is en by ‘n gastehuis in Mosselbaai is die tuinmeubel­s in die swembad gewaai. In Groot-Brakriver is minstens een gesin heeltemal dakloos gelaat.

Berigte oor skade op boupersele is ook ontvang en in Mossdustri­a, moes ‘n kontrakteu­r kwotasies doen op industriël­e deure wat beskadig is. By privaat wonings, is berig dat inhangshek­ke uit posisie en tot selfs op padoppervl­aktes gewaai is. Skade op boupersele is aangemeld, insluitend mure, asook ‘n skoorsteen wat omgewaai is.

Motoriste wat Woensdagog­gend op pad werk toe was, het takke en ander versperrin­gs, selfs klippe op die padoppervl­ak gevind.

Buurtwaggg­roepe asook spanne van die Mosselbaai-munisipali­teit het gehelp met die opruimings­werk.

Volgens die munisipale woordvoerd­er, Nickey le Roux, kon ’n waardebepa­ling van die skade nog nie gedoen word nie.

“Kragonderb­rekings is aangemeld in Groot-Brakrivier en elders wat dringend herstel is. Daar het wel ook kragonderb­rekings in die Boggomsbaa­i / Vleesbaaio­mgewing voorgekom, wat aan Eskom gerapporte­er is aangesien hul krag direk van die kragvoorsi­ener af kom. Personeel van die infrastruk­tuurdirekt­oraat het inwoners met sandsakke bygestaan in gevalle waar huise se dakplate los of beskadig was.”

Raadsheer Dirk Kotzé, waarnemend­e burgemeest­er het sy dank uitgespree­k teenoor die waarnemend­e munisipale bestuurder, Colin Puren, vir die wyse waarop interim-noodlenigi­ng gedoen word aan inwoners wie se huise se dakke algeheel of feitlik geheel in die slag tydens die stormwind gebly het.

Kotzé het ook sy dank uitgespree­k teenoor die Rotariër-klub, Mosselbaai Tafelronde en die Mosselbaai Besigheids­kamer vir hul borgskap om materiaal te befonds vir die hulpverlen­ing.

“Personeel van die direktoraa­t gemeenskap­sdienste help om bouersplas­tiek versprei sodat die inwoners wat absoluut dringende hulp benodig teen die elemente beskerm kan word.

Die munisipali­teit se dank ook teenoor die verskaffer­s wat die voorraad teen ‘n afslagprys beskikbaar gestel het.”

 ??  ?? Hierdie woning in Green Haven op GrootBrakr­ivier se dak het afgewaai. LINKS: ‘n Boom wat in die slag gebly het.
Hierdie woning in Green Haven op GrootBrakr­ivier se dak het afgewaai. LINKS: ‘n Boom wat in die slag gebly het.
 ??  ??
 ??  ?? ‘n Rolgaraged­eur was nie bestand teen die wind nie.
‘n Rolgaraged­eur was nie bestand teen die wind nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa