Suid-Kaap FORUM

Mnr Anton gaan van krag tot krag

-

Hy voel baie dankbaar dat hy nog in die kompetisie is en kan voortgaan om ’n positiewe impak in die gemeenskap te maak, veral met alles wat tans in Mosselbaai aan die gang is.

So meen Anton Siebert, die 30-jarige opvoeder van Diaz Primêre Skool wat tans 11de onder die Top 40 in vanjaar se Mnr Suid-Afrika-kompetisie is. Die Top 40 is op 1 Julie aangekondi­g.

"'n Mens het 'n groter dryfkrag as jy dit nie vir jou eie ego wil doen nie, maar opreg en eerlik 'n ekstra platform van moed en positiwite­it wil skep vir die jonger mense om na op te kyk. Hoe langer ek in die kompetisie kan bly en vorder, hoe meer kan ek die jonger mense en ook ander op ‘n positiewe manier beïnvloed," het Siebert na die aankondigi­ng aan die Mossel

Bay Advertiser gesê. “Dinge is moeilik, veral nou met Covid-19 en mense wat hulle werk verloor, maar met ‘n positiewe gemoed en God by jou kan 'n mens deur enige situasie kom. Positiwite­it trek positiwite­it aan en dit is wat ons gemeenskap nou kort.”

Mosselbaai­ers kan Anton Siebert ondersteun deur MRSA49 te SMS na 40439. Dit is R2 per sms en geen gratis SMSe word aanvaar.

 ??  ?? Anton Siebert saam met leerders van Diaz Primêre Skool vir wie hy ‘n rolmodel wil wees.
Anton Siebert saam met leerders van Diaz Primêre Skool vir wie hy ‘n rolmodel wil wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa