Suid-Kaap FORUM

Slakkepos se geskiedkun­dige wortels gedenk

- Cornelle Carstens

Op dieselfde dag wat Mosselbaai se poskantoor in Marshstraa­t gesluit was vir ontsmettin­g vanweë Covid-19, het die eerste “poskantoor” op die dorp verjaar. Die FAK het dié besonderse dag, 7 Julie op hulle Facebookbl­ad gedenk met een van hulle

Vandag in die geskiedeni­s-inskrywing­s.

Die Posboom by die Dias Museum word allerweë beskou as die oudste poskantoor in Suid-Afrika.

Volgens die FAK se inskrywing, was Joas da Nova ’n Portugese seevaarder op pad na Indië toe hy op 7 Julie 1501 briewe en dokumente in ’n skoen wat aan ’n groot melkhoutbo­om naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het. Verder word verduideli­k dat die briewe deur een van die bevelvoerd­ers van die boot van Pedro Alvares Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan verbygaand­e skepe oor te dra. Omdat die Portugese toe reeds om die Suidpunt van

Afrika geseil het nadat Bartholome­u Dias en Vasco da Gama die seeweg na die Ooste vasgestel het, word die melkhoutbo­om derhalwe as die oudste poskantoor in Suid-Afrika beskou.

Aangesien die Dias Museum vandeeswee­k gesluit was vanweë die vlak-4-inperking, kon geskiedeni­sliefhebbe­rs nie hierdie besonderse mypaal van 520 jaar vier nie, maar lede van die plaaslike FAK Kultuurnet­werk kon darem die geskiedkun­dige oomblik met 'n foto verewig.

* Bronne: https:// www.facebook.com/ FAK01/?ref=page_ internal en http:// monument-sa. co.za/dias-museumposk­antoorboom-mosselbaai/

 ??  ??
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die geskiedeni­s van die Posboom fassineer besoekers, soos hierdie gesinnetji­e tydens ‘n kuiertjie vroeër vanjaar. Die oudste “poskantoor” in Suid-Afrika was op 7 Julie 520 jaar oud.
Foto: Jannie du Plessis Die geskiedeni­s van die Posboom fassineer besoekers, soos hierdie gesinnetji­e tydens ‘n kuiertjie vroeër vanjaar. Die oudste “poskantoor” in Suid-Afrika was op 7 Julie 520 jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa