Suid-Kaap FORUM

Voedseltek­orte nog nie ‘n krisis

- Johan Victor

Die onluste en plundertog­te in KwaZulu Natal en dele van Gauteng kan tot gevolg hê dat winkels nie van kos voorsien kan word nie.

‘n Vinnige meningsopn­ame deur Suid-Kaap Forum op Dinsdag, 14 Julie het gewys dat Stilbaai nog nie in hierdie stadium daaroor bekommerd hoef te wees nie.

Die situasie kan egter vinnig verander as die onluste nie baie gou onderdruk word nie.

Volgens Corné von Molendorff van ‘n supermark in die dorp kry hulle nog voorraad van ‘n depot in Kaapstad, hoewel koue goed soos gevriesde groente ‘n probleem is. Een van die suiwelvers­preiders is toe, maar daar is gelukkig ander wat nog oop is.

“Die meeste voorraad kom vanuit die Kaap en Oos-Kaap en solank die onluste in die noorde bly, sal ons nog voorsien word.

Die meeste fabrieke is egter in Gauteng en as die voorraad in die Kaap begin opraak en daar is nie trokke om dit aan te vul nie, sal ons wel probleme ondervind,” het Von Molendorff gesê. Hy is egter besig om onder meer ‘n groot bestelling van voorraad vir volgende week te plaas. Dit sluit bederfbare produkte uit, want hulle het nie ‘n lang rakleeftyd nie.

Elzané Jansen van Rensburg van ‘n apteek sê dat hulle tans geen probleme ondervind nie, maar dat hulle in elk geval genoeg voorraad dra vir ‘n maand en ‘n half. “Indien die regering regtig erns met die situasie het en dit vinnig ontlont, het ons nie probleme in Stilbaai nie, maar dit kan baie vinnig verander sou die onluste verder versprei en dieselfde omvang in die Oos- en Wes-Kaap hê,” het sy gesê.

 ??  ??
 ?? Foto: Wilma Adamson ?? Voortduren­de onluste kan ‘n nadelige invloed op winkelrakk­e hê.
Foto: Wilma Adamson Voortduren­de onluste kan ‘n nadelige invloed op winkelrakk­e hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa