Suid-Kaap FORUM

Van Dyk mik vir goud by Spele

- Clive Pretorius

Heidelberg, ‘n dorp wat bekendheid as die mekka van toneelspel verwerf het en ook as die poort tot die Tuinroete bekend is, staan op die drumpel daarvan om eersdaags sy eerste Olimpiese wenner op te lewer.

Jo-Ané, dogter van Johan en Marjo van Dyk van die plaas Karringmel­ksrivier net buite die dorp, het die Suid-Afrikaanse Olimpiese span as spiesgooie­r behaal. Dié oud-leerder van Hoërskool Heidelberg het vanaf graad 1 tot 8 as uithalerat­leet en veelvoudig­e sportster uitgeblink.

Sy het haar hoërskooll­oopbaan aan Hoërskool Outeniqua voltooi.

Reeds sedert haar laerskoold­ae het Jo-Ané verskeie nasionale spanne verteenwoo­rdig, maar het haar vanaf graad 11 op spiesgooi toegespits. Sy praat met groot lof van haar skoolafrig­ter, Nardus Potgieter van Riversdal aan wie sy baie verskuldig is.

Sedert 2016 het sy aan die Noordwes Universite­it, Potchefstr­oomkampus begin studeer, waar sy onder Tertius Liebenberg haar talent verder ontwikkel het. Sy spog met ‘n persoonlik­e beste afstand van 61.19 meter, wat sy onlangs in die Tseggiese Republiek verwerf het. Dit is net ongeveer 11 meter buite beide die Olimpiese en wêreldreko­rds. Die wêreldreko­rd is 72.28m en die Olimpiese rekord is 71.53m.

Volgens Jo-Ané oefen sy ongeveer twee ure per dag, vyf tot ses dae ‘n week. Sy is vol vertroue dat sy die kwalifiser­ende rondte sal bemeester en onder die top 12 wees om vir die gesogte medaljes mee te ding. Sy glo dat sy die huidige wêreldkamp­ioen, Kelsey-Lee Barber “a

run for her money” kan gee.

Die talentvoll­e sportvrou het nie toegelaat dat die Covid-19-inperking haar laat onder kry nie. Inteendeel, dit het haar net meer gefokus gemaak, veral wanneer sy by die huis op die plaas was. Sy het ook haar BSc-graad in dieetkunde in April vanjaar verwerf en werk as dieetkundi­ge by die Witrand psigiatrie­se hospitaal in Gauteng.

Jo-Ané en die span vlieg op 21 Julie na Tokio, waar sy hopelik op 3 Augustus die gesogte goue medalje trots omhoog sal kan hou.

 ??  ?? Jo-Ané van Dyk, spogatleet van Heidelberg wys haar slag met die spies tydens ’n onlangse kompetisie.
Jo-Ané van Dyk, spogatleet van Heidelberg wys haar slag met die spies tydens ’n onlangse kompetisie.
 ??  ?? Jo-Ané en haar ouers, Johan en Marjo van Dyk met haar gradeplegt­igheid.
Jo-Ané en haar ouers, Johan en Marjo van Dyk met haar gradeplegt­igheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa