Suid-Kaap FORUM

Veerkrag troef uitdagings, meen nuwe mediese hoof

- Cornelle Carstens

Dr Jaco Botma, nuut aangesteld­e mediese bestuurder van die Mosselbaai sub-distrik meen dat een van die mees interessan­te uitdagings te midde die Covid-19-pandemie is, dat dit ‘n oop speelveld bied om inisiatief te kan neem. Dít sê hy beslis nie ligtelik nie, aangesien hy na 26 jaar in diens by die Mosselbaai provinsial­e hospitaal, nie net die leisels stewig in sy hand het nie, maar boonop groot vertroue in sy span het.

“Wat ons nou beleef, is beslis nie die norm nie, maar dit gee ons die unieke geleenthei­d om nuwe paaie te maak.” Botma, wat waarnemend in wyle dr Rushcenbau­m se stoel was, het op 1 Julie amptelik die bestuur oorgeneem. Hy was voorheen vir etlike jare die kliniese bestuurder van die hospitaal en het die afgelope ietwat meer as ‘n jaar, beide posisies met sukses beklee.

Oorspronkl­ik ‘n Noord-Kapenaar, het sy loopbaan ‘n draai in Pietersbur­g in die destydse Noord-Transvaal en vinnig in Fort Beaufort in die Oos-Kaap gemaak voor sy pad hom na Mosselbaai gelei het. Hieroor, sê hy, was hy nog nie n dag spyt nie, juis omdat die gees van die dorp en sy mense hom so aan sy komvandaan buite Upington herinner met warm, vriendelik­e mense.

Hoewel Mosselbaai bekend is vir sy joviale mense, is daar aan klagtes ook geen tekort nie. Botma wys daarop dat die provinsial­e hospitaal maar oor 90 beddens beskik en ten spyte hiervan, ‘n groot pasiënteba­sis moet bedien. ‘n Groeiende tendens, vanweë die ekonomiese klimaat verduideli­k hy, is ook ‘n toename in privaat pasiënte wat van die publieke gesondheid­sdiens begin gebruik maak.

“Groot is nie noodwendig goed nie. Vir dit wat ons tekort skiet in infrastruk­tuur, daarvoor maak ons op in dienslewer­ing. Ek is werklik tevrede met ons span, wat oa uit ‘n groep bekwame senior dokters, verpleegpe­rsoneel en korporatie­we dienste personeel bestaan. Ons ervaring het ons veerkragti­g tydens die pandemie gemaak,” Hy is trots daarop dat die hospitaal ‘n besonder lae personeelo­mset het in sy senior korps, ‘n getuigskri­f insigself.

In die algemeen, sê Botma, het die goeie gees en eendersden­kendheid sy span gehelp om die uitdagings van die Covid19-pandemie die hoof te bied. Wat die verwagte uitbreidin­gs en opknapping­s by die hospitaal betref, kan daar egter vertraging­s verwag word, juis as gevolg van die pandemie.

“Vir ons is die belangriks­te dat basiese, chroniese mediese dienste na normaal moet terugkeer ten spyte van Covid-19. Indien dit nie gou genoeg gebeur nie, gaan ons met n verergeren­de kettingrea­ksie sit. Die lewe moet aangaan en mediese dienste moet gelewer word.”

Self het hy in sy 26 jaar nog nooit siekverlof geneem nie. Dit blyk in die gene te wees, noem hy skertsend. “Dit kom maar van my ouers af. My pa is 83 en ek het hom nog nooit ‘n dag van sy lewe siek in die bed sien lê nie.”

Met sy vrou Magda, ‘n radiografi­s met ‘n honneursgr­aad in onkoterapi­e aan sy sy, het hy danksy haar al deur moeilike tye gekom.

Wat die toekoms betref, glo hy daar is altyd ruimte vir verbeterin­g, maar as ‘n sub-distrik is Mosselbaai volgens hom beslis een van die leiers in publieke gesondheid­sorg.

 ??  ?? Dr Jaco Botma is nou amptelik aan die stuur by die Mosselbaai provinsial­e hospitaal.
Dr Jaco Botma is nou amptelik aan die stuur by die Mosselbaai provinsial­e hospitaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa