Suid-Kaap FORUM

Positiewe ervaring ‘n verrassing

-

Elise Swanepoel, Mosselbaai:

My man moes sy lisensie hernu. Aangesien sy been geamputeer is en hy met ‘n prostese oor die weg kom, help ek hom gewoonlik om van ‘n stoel af op te staan as ‘n stoel nie ‘n armleuning het nie.

Omdat die spasie beperk is as gevolg van Covid het ek nie geweet hoe ons dit by die lisensieka­ntore gaan hanteer nie. Toe ons daar stilhou staan die mense reeds in die pad af. Ek wou sommer omdraai, maar druk toe deur.

Wat ‘n aangename verrassing. Toe ons inkom, bied die ontvangsda­me aan om my te help om die vorm in te vul. Sy bied my man ‘n sitplek by die deur aan en vir my ook ‘n sitplek. Toe dit sy beurt was om in te gaan, mag ek nie saam gaan nie, maar die jongman op die vloer sê vir my hy sal hom help, asook twee jong dames.

Ek gaan toe in die motor sit en toe ek later gaan kyk waar hy is, toe is hy klaar met sy oogtoets en besig om te betaal. Ek was skoon bewoë oor die wonderlike diens wat ons ontvang het.

Die plek is ook gereeld gesanitise. Baie, baie dankie, ek vertel net vir almal van die uitstekend­e diens.

Ek het ongelukkig nie al die name van die mense wat ons gehelp het nie, maar nogmaals dankie dat julle al my vrese omgeskakel het in so ‘n positiewe ervaring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa