Suid-Kaap FORUM

Spoedige diens deur die Mosselbaai-munisipali­teit

- Louis de Wet, Reebok:

Dinsdag het ek ’n e-pos aan die munisipali­teit gestuur en dit aan hulle genoem dat Reebok Village Estate ’n ruk gelede ’n toegangspa­d toegemaak het as deel van hulle sekuriteit­soord.

Die pad is toegemaak met ’n swart omheining sonder dat daar enige padteken aangebring is om motoriste te waarsku dat dit toe is. In die nag is die versperrin­g byna onsigbaar en bestaan die gevaar dat iemand daarin kan vasry. Die munisipali­teit is versoek om aandag daaraan te gee.

Vrydagogge­nd toe ek daar verbyry, merk ek op dat die nodige padteken opgerig is soos wat versoek is. Dit maak mens regtig trots om in ’n dorp te bly waar sulke goeie diens nog verkry word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa