Suid-Kaap FORUM

Voortgeset­te onrus in oënskou

-

Hessequa-munisipali­teit het op Donderdag, 15 Julie ‘n dringende vergaderin­g met lede van die Hessequa-veiligheid­skomitee belê om die voortgeset­te onrus wat tans in ander dele van Suid-Afrika afspeel, onder die loep te neem en die vlak van gereedheid indien soortgelyk­e onrus in dié streek sou plaasvind.

Die vergaderin­g was onder andere deur die uitvoerend­e burgemeest­er, Grant Riddles, die speaker, Andrew Stroebel, die portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­sdienste, Heinrich Hartnick, stasiebeve­lvoerders van al vier polisiesta­sies, gemeenskap­spolisiefo­rumlede, sowel as verskeie buurt- en plaaswagve­rteenwoord­igers bygewoon.

Riddles het ‘n beroep op inwoners gedoen om kalm te bly.

“Hoewel daar nog geen gevalle van plundering of onrus in ons munisipale gebied aangemeld is nie, is die munisipali­teit slaggereed om enige gebeurlikh­eid aan te spreek.”

Elke bevelvoerd­er het geleenthei­d gehad om oorhoofs ‘n aanduiding te gee van hul onderskeie gebeurlikh­eidsbeplan­ning en vroeë waarskuwin­gstelsels, so ook munisipale verteenwoo­rdigers, buurt-/ plaaswagte en gemeenskap­spolisiefo­rumlede. Almal het bevestig dat hul slaggereed vir enige gebeurlikh­eid is en dat die gemeenskap in die verband gemoedsrus kan hê. Privaatsek­tor rolspelers soos sekuriteit­smaatskapp­ye is ook aan boord en speel ook ‘n monitering­s- en aanmelding­s rol.

Die munisipale bestuurder, Johan Jacobs doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om nie onbevestig­de gerugte en waninligti­ng op sosiale media te versprei nie.

“Maak liefs staat op bevestigde inligting soos deur die veiligheid­sgemeenska­p en munisipali­teit verskaf. Baie van die video’s en stemnotas wat op sosiale media soos WhatsApp versprei word, is verouderd of nie van ons provinsie nie, of bloot vals nuus wat bedoel is om angs en vrees te wek. Ons moedig inwoners aan om versigtig te wees en om materiaal verantwoor­delik te deel,” vra hy.

Riddles het benadruk dat die gemeenskap se veiligheid vir hom belangrik is en daarmee saam die voortgeset­te stimulerin­g van Hessequa se ekonomie.

Stroebel het bevestig dat die volle raad eenstemmig is dat daar voorkomend opgetree moet word in belang van die breë gemeenskap.

Indien inwoners enige verdagte optrede of voorvalle waarneem, word hulle versoek om hul naaste polisie of 10111 te kontak. Addisionee­l kan die Hessequa-beheerkame­r se noodnommer (028 713 2222 en 028 713 7917) geskakel word vir enige aanmelding­s in die verband.

 ??  ?? Die munisipale bestuurder, Johan Jacobs vra inwoners om nie gerugte of waninligti­ng op sosiale media te versprei nie.
Die munisipale bestuurder, Johan Jacobs vra inwoners om nie gerugte of waninligti­ng op sosiale media te versprei nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa