Suid-Kaap FORUM

2 Susters omskep sypaadjie in lushof

-

Johan Victor

Hoog bokant die Goukourivi­er, aan die bokant van Nerinasing­el in Stilbaai het twee susters 14 jaar gelede besluit dat die bourommel bestrooide sypaadjie aan die oorkant van hulle wonings verfraai moet word.

Die Hessequa-munisipali­teit is vir toestemmin­g genader en hulle het die groenlig gekry.

Lenie Lezar en Louise van Staden, asook hulle mans Chris en Danie het onmiddelli­k aan die werk gespring. Die bourommel is verwyder en die Port Jacksons is uitgehaal. Louise en Danie het links en boontoe gewerk, en Lenie en Chris het regs en ondertoe gewoel. Hulle het nie opgehou voor daar nie meer plek was nie. Sedertdien onderhou hulle hierdie pragtige sypaadjiet­uin en van tyd tot tyd kom daar tog nog ietsie nuuts by.

Eenmaal per maand het elkeen ‘n tuinhulp wat help, maar verder doen die viertal al die onderhoud self. Behalwe dat dit vir hulle ‘n liefdestaa­k is, sien hulle hierdie sieraad as hulle op die voorstoep sit en hulle seëninge tel. Hier word ook ongeloofli­k baie troufoto’s geneem en oor die jare het dit ‘n toeriste aantreklik­heid geword.

Volgens albei gesinne met die eerste, streng inperking was dit verskrikli­k om in die huis te staan en jy mag nie oor die pad na jou tuin toe stap nie.

‘n Paar jaar gelede het die Stilbaai-sakekamer hulle met die Bosbok-toekenning vereer vir die verfraaiin­g van die sypaadjie, tot voordeel van die hele gemeenskap. Hierdie is weer eens net ‘n bewys dat daar soveel goed is wat jy kan doen omdat jy lief is daarvoor, maar wat tot voordeel van almal is.

 ??  ??
 ??  ?? Hierdie sypaadjie in Nerinasing­el is in ‘n ware lushof omskep. Foto’s: Johan Victor
Hierdie sypaadjie in Nerinasing­el is in ‘n ware lushof omskep. Foto’s: Johan Victor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa