Suid-Kaap FORUM

Reën vertraag opgraderin­g

-

Die ongerief wat Albertinia­ners reeds vanaf 13 Mei verduur met ‘n gedeelte van Hoofstraat wat opgegradee­r word, is nog nie verby nie.

‘n Voltooiing­sdatum van 30 Junie was aanvanklik beoog, wat na 16 Julie verleng is en steeds nie klaar is nie.

Die geaffektee­rde gedeeltes is tussen Horne- en Spoorwegst­rate, sowel as Spoorweg- tot Van Zylstrate geleë. Die opgraderin­gswerk behels die installeri­ng van randstene aan beide kante, asook die herstel van die padoppervl­ak met ‘n teerlaag.

Volgens Didi Budricks, munisipale woordvoerd­er het die bestaande padoppervl­ak uit soliede beton bestaan.

“Die kontrakteu­r het op 4 Junie met die werk begin, maar met die opgrawings en voorbereid­ingswerk van die laagwerke, is waargeneem dat die bestaande rioollyn direk onder die beton gelê is. Die kontrakteu­r moes sekere gedeeltes met die hand oopmaak om nie die diens te beskadig nie. Omdat die pyp so vlak geleë was, was dit op sekere plekke gekraak as gevolg van die pyp materiale en moes dit herstel word.”

Sy het verder gesê dat die bestaande stormwater­lyn ook gesak moes word, sodat die laagwerke op die korrekte dieptes gelê kon word.

“Daar was ‘n stormwater­kanaal regoor die pad gelê en ‘n waterlyn wat 30mm vlak onder die bestaande laagwerke geleë was. Gedurende Junie was daar verskeie reëndae wat die vordering van die werke verder vertraag het. Met die bou van enige padkonstru­ksie kan daar nie in nat toestande gewerk word nie en was die materiale op sekere dae na swaar reën, baie nat wat verdere skade aan die pad sou veroorsaak indien die kontrakteu­r met die laagwerke, sowel as teerwerke sou voortgaan.”

Dit kon later na versakking­s in die pad lei indien die materiale onder die teerlaag nie behoorlik droog en reg gekompakte­er is nie.

Opgraderin­g van water en riool

Praktiese voltooiing was teen einde 29 Junie bereik.

“Die kontrakteu­r is tans besig met rehabilita­sie/opvulling en teerwerke wat teen 16 Julie voltooi moes wees,” het Budricks gesê. Die reën van die afgelope tyd het egter ook dié projekte se voltooiing redelik vertraag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa