Suid-Kaap FORUM

Erf 657 nou ‘n rommelhoop

- Johan Victor

STILBAAI - Die stuk grond tussen die gholfbaan en Jongensfon­tein-pad, ook bekend as erf 657, is besig om in 'n rommelhoop te ontaard.

Sowat 15 vrywillige­rs, meestal van die Stilbaai-buurtwag en Coastal Cleanupgro­ep, het Donderdag 18 April weer met geel sakke die bosse ingevaar en binne twee ure sowat 70 vullissakk­e vol rommel opgetel.

Dit is 'n gewilde oornagplek vir haweloses, maar daar is duidelike tekens dat sommige op 'n meer permanente basis hul intrek daar geneem het.

Dat daar daadwerkli­k opgetree moet word voordat hierdie in 'n baie groter probleem ontaard, is baie duidelik.

In 'n groot mate is wetstoepas­sing se hande afgekap, maar die rolspelers sal 'n oplossing moet vind voordat dit te laat is.

Barmhartig­e Samaritane sal moet besef dat dit meer skade doen as goed deur klere en geld uit te deel. Werk eerder deur organisasi­es soos Badisa.

Hessequa-munisipali­teit sal op 'n manier 'n plan moet maak met die swart vullissakk­e wat naweekgang­ers Sondae uitsit voordat hulle vertrek.

Daardie sakke kan vir dae staan en wag om opgelaai te word, afhangend van die vullisverw­yderingspr­ogram en die sakke word dan deur haweloses opgepik en op erf 657 uitgegooi op soek na iets bruikbaar of selfs afvalkos.

Inwoners moet nie hulle swart sakke die vorige aand uitsit nie, maar wel die oggend wanneer die vullistrok by hulle verbykom.

Behalwe vir die gesondheid­s- en veiligheid­srisiko’s, asook die ontstaan van 'n plakkerska­mp in Stilbaai, is erf 657 ook 'n unieke stuk aarde met 184 verskillen­de plantspesi­es wat hier voorkom.

Ontwikkeli­ng en groei in Stilbaai vind teen 'n fenomenale pas plaas. Groen stroke is egter uiters belangrik in stedelike ontwikkeli­ng.

Central Park in New York is sekerlik een van die gesogste stukke grond in Amerika, maar die stadsvader­s behou dit as 'n park waar die inwoners vrylik in die natuur kan ontspan.

Dr. Deon Begemann en die Stilbaaibe­waringstru­st het reeds wandelpaad­jies op erf 657 gevestig en die idee van fietsrypaa­djies is ook geopper.

Inwoners kan verder hulle deel doen deur die skoonmaaki­nisiatiewe van Clifton Donald en die Coastal Cleanup-groep te ondersteun. Help skoonmaak as hulle vra. Dit vat net twee ure van jou tyd en dit is natuurlik ook goeie oefening.

 ?? ?? Mariaan Harris, Gustav Radloff, Mike van Eck, Clifton Donald, Ronnie Wobben, Frank Moffett en Hugh Duncan-Brown by van die rommel wat hulle op die stuk grond tussen die gholfbaan en Jongensfon­tein-pad opgetel het.
Mariaan Harris, Gustav Radloff, Mike van Eck, Clifton Donald, Ronnie Wobben, Frank Moffett en Hugh Duncan-Brown by van die rommel wat hulle op die stuk grond tussen die gholfbaan en Jongensfon­tein-pad opgetel het.
 ?? ?? Jacolise Joubert, Steve Patton, Sheryll Taylor, Mike van Eck en Nick Geldenhuys by van die geel sakke met rommel.
Jacolise Joubert, Steve Patton, Sheryll Taylor, Mike van Eck en Nick Geldenhuys by van die geel sakke met rommel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa