Suid-Kaap FORUM

‘Net ‘n beker sop, asseblief!’

- Hugo Redelinghu­ys Christiaan de Swardt

RIVERSDAL - "Meneer, ek het niks om vir dié mense te gee nie. Ek het skaars genoeg vir my eie gesin. Help, asseblief!” Dié moedelose pleidooi kom van Rebecca Johnson, wat Becca's Soup Kitchen (Becca'ssopkombui­s) in Kwanokuthu­la, uit haar huis bedryf.

Sy is raadop. Haar sopkombuis is op 9 Maart 2023 as nie-winsgewend­e organisasi­e geregistre­er. Danksy befondsing deur DStv HD via maatskapli­ke dienste se kindersorg­program kon sy tot onlangs kop bo water probeer hou. Alle befondsing word egter drasties gesny.

"Hier gaan nou niks aan nie, want ek het nie gas vir die stoof of bestanddel­e om sop te kook nie. Woensdagog­gend het 'n bejaarde vroutjie, wat elke oggend om sesuur opstaan om werk te gaan soek sodat sy iets vir haar gesin op die tafel kan sit, by my om hulp aangeklop. Foeitog, sy is brandmaer en die klein seuntjie by haar het sy leë bakkie saamgebrin­g en na my uitgehou. Dit het my hart gebreek. Ek moes hulle honger en met leë hande wegstuur."

Die sopkombuis deel Maandae, Woensdae en Vrydae sop en brood uit en gee soms ook bredies. Rebecca het 179 geregistre­erde begunstigd­es wat sy probeer voed. Met die winter wat wink, voorsien sy ‘n toename. “Die ry met kinders en bejaardes wat toustaan vir iets warms om te eet, het die afgelope jaar weekliks gegroei.”

Ná Suid-Kaap Forum verlede jaar 'n beroep op inwoners gedoen het om kos te skenk vir die sopkombuis, het Hessequa sy hart en beurs oopgemaak.

Plaasboere, SuperSpar en JC Slagtery en verskeie inwoners het pakke groente en 'n verskeiden­heid sopmengsel­s by die koerantkan­toor kom aflewer.

Danksy skenkings van gevriesde vleis, sopbene en hoendernek­kies kon Rebecca ‘n heilsame pot sop voorberei.

Dit was opvallend hoeveel pensionari­sse – wat dit nie juis breed het nie - het een tot twee keer per maand 'n pakkie met brood en groente kom aflewer het.

Ek vra weer mooi om hulp, asseblief. Donasies en skenkings in enige vorm is

Danksy skenkings van gevriesde vleis, sopbene en hoendernek­kies kon Rebecca ‘n heilsame pot sop voorberei. welkom. Ek sal kook en die gemeenskap voed,” onderneem Rebecca.

Sy noem ook daar loop ‘n swendelaar (sy naam is aan Suid-Kaap Forum bekend) rond wat beweer hy samel geld en skenkings namens Rebecca in. “Dit is onwaar en mense moet hulle nie deur hom laat mislei nie,” vra sy.

Inwoners van Hessequa word aangemoedi­g om hulp te verleen. Gaan maak gerus by Becca’s Soup Kitchen ‘n draai en lewer jou bydrae daar af. Skenkings kan ook afgelewer word by Suid-Kaap Forum se kantoor in Heidelberg­weg 29 net langs die NG-kerk Wes-gemeente. Weeksdae, tussen 08:00 af tot 18:00.

Die redakteur, Hugo Redelinghu­ys, of die sekretares­se, Sade Rossouw, sal dit ontvang, aanteken en by Rebeca gaan aflewer.

Die winter lê nog voor en die nood is groot. Laat ons help en die gemeenskap met ‘n tikkie warmte en omgee omvou.

 ?? ??
 ?? Foto: Hugo Redelinghu­ys ?? Rebecca Johnson (links), wat die sopkombuis Becca’s Kitchen in Kwanokuthu­la bedryf, hoop en bid dat inwoners van Riversdal weer kan help met kosskenkin­gs vir die wintermaan­de wat voorlê. Sy het 179 geregistre­erde begunstigd­es wat sy drie maal per week probeer voed, maar nou is haar kombuis leeg en die gas is ook op. INLAS: Ter illustrasi­e
Foto: Hugo Redelinghu­ys Rebecca Johnson (links), wat die sopkombuis Becca’s Kitchen in Kwanokuthu­la bedryf, hoop en bid dat inwoners van Riversdal weer kan help met kosskenkin­gs vir die wintermaan­de wat voorlê. Sy het 179 geregistre­erde begunstigd­es wat sy drie maal per week probeer voed, maar nou is haar kombuis leeg en die gas is ook op. INLAS: Ter illustrasi­e
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa