Suid-Kaap FORUM

Riversdal-ster in Mauritius bederf

- Christiaan de Swardt

RIVERSDAL- Willem Botha, die bekende en gewilde Riversdal-boorling, het sy 37ste verjaardag (17 April) verlede week met ‘n bederfvaka­nsie in Mauritius gevier.

“Wat ‘n opwindende wegbreek! Ek was oorweldig met verjaardag­wense uit Suid-Afrika!” klik hy aan Suid-Kaap Forum. “World Leisure Holidays en die Sugar Beach-hotel het my met hul gasvryheid geseën. In my kamer was daar ‘n ‘verjaardag­kaartjie’ uit die oord se dryfhout geskep. Ek was omring deur ballonne en geskenke en is boonop van kop tot toon ‘gemassage’ en ‘ge-groom’. Ek het die mooiste en lekkerte sjokolade-verjaardag­koek gekry en is met ‘n gourmet-maaltyd op die strand bederf!”

Willem het nog nooit voor ‘n uitdaging gebuig nie. Hy durf toe ook ‘n parfuummaa­kkurses op die eiland aan en hy het ‘n sertifikaa­t vir sy nuutskeppi­nggeur verwerf! “Dit is ‘n proses wat soms tot twaalf jaar kan duur om te vervolmaak. Ek het egter binne twee uur ‘n geur geformulee­r wat by my persoonlik­heid pas; nie omdat dit so maklik is nie, maar omdat ek soos ‘n leeu in die nag kan ruik! Ek stel dus bekend: L’Elu, oftewel - the chosen one.”

Helaas: hy gaan dit nie bemark nie en dit sal nêrens beskikbaar wees om self te gebruik nie. “Dit is ‘n ongeloofli­ke geur en jy sal dit ruik as jy my in 'n supermark of by ‘n vertoning raakloop.”

Willem is ‘n oud-leerder van die Hoër Landbousko­ol Oakdale. Hy het hom sedertdien as ‘n suksesvoll­e entreprene­ur gevestig en welslae as ‘n bekwame sanger, akteur, TV-aanbieder, fotograaf en skoonheids­kundige verwerf.

“Ná dese sukkel ek om te ruik, maar dit was ‘n flippen cool experience om jou eie parfuum te ontwerp. Ek sal dié Mauritiuse­rvaring nooit vergeet nie en ek gun dié geskenk aan myself, maar ek mis regtig my geboortedo­rp en my geliefde mense!” erken Willem.

Willem deel ‘n paar vakansiefo­to’s met

 ?? ?? ‘n Gourmet-bederf.
‘n Gourmet-bederf.
 ?? ?? Die Sugar Beachhotel bederf Willem met ‘n verjaardag­kaartjie, geskep uit die natuurlikh­eid van die omgewing. LINKS: Willem toets ‘n paar geure.
Die Sugar Beachhotel bederf Willem met ‘n verjaardag­kaartjie, geskep uit die natuurlikh­eid van die omgewing. LINKS: Willem toets ‘n paar geure.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa