Suid-Kaap FORUM

Dié manne toor met hout

- Johan Victor

STILBAAI - Die Stilbaaiho­utwerkgroe­p bestaan al vir ses jaar en het 15 aktiewe lede.

Een van die lede is nog in ’n voltydse beroep, maar die res is almal afgetreden­es wat houtwerk as 'n stokperdji­e beoefen.

Dit is 'n informele groep met geen ledegeld en grondwet nie. Die groep kom elke derde Woensdag van die maand bymekaar, waar hulle idees deel, raad vra, masjinerie uitruil en mekaar help waar hulle kan. Hierdie maandeliks­e byeenkoms word geroteer tussen die lede en word altyd met 'n braai afgesluit.

Die groep beskik oor 'n ongeloofli­ke kennis van houtwerk, maar daar is ook mense wat nog baie kan leer. Sommige het ongeloofli­ke werkwinkel­s en ander het baie kleiner werkplekke, maar almal het dieselfde passie vir houtwerk.

Die Forum het net by twee werkwinkel­s ingeloer. Een was Chris Potgieter se plek, wat geheel en al 'n werkwinkel is en spog met heelwat masjinerie. Hy is in die bevoorregt­e posisie dat hy 'n tafelsaag (sawstop) het, wat dit amper onmoontlik maak om jou vingers of hand te verloor.

Hy het 'n meganisme wat binne 'n millisekon­de wanneer jou vinger aan die lem raak die lem onmiddelli­k tot stilstand bring.

Jy sal miskien 'n snytjie aan jou vinger opdoen in die proses.

Die ander besoek was by Pieter van Niekerk, wat een van die stigtersle­de van die houtwerkgr­oep is. Sy werkwinkel is ook sy motorhuis en alles is op wiele sodat hy dit kan rondstoot en uit die pad stoot as hy sy motor intrek. Dit is egter 'n wye dubbelmoto­rhuis, want dit wat hy het sal nooit in 'n enkelgarag­e inpas nie.

Wat interessan­t is, is dat hierdie klompie houtwerker­s enigiets kan doen. Hulle maak en restoureer pragtige meubels.

Hulle bou kaste en kiste, maar doen ook baie fyn werk.Van juwelekiss­ies tot skaakborde en houtbakke en allerhande ander klein goedjies soos houtspeelg­oed.

Sommiges maak selfs van hul gereedskap self uit hout uit.

Indien enigiemand meer te wete wil kom van die groep of belangstel om deel te word kan jy gerus vir Denis Fraser, huidige voorsitter, by 082 327 1616 skakel.

 ?? ?? Lede van die Stilbaai Houtwerkgr­oep wat die maandeliks­e byeenkoms Woensdagmi­ddag 17 April bygewoon het. Voor: Chris Potgieter, Hans Erasmus, Floris van Zyl, Hannes Birmingham, Denis Fraser, Jan Brink. Agter: Michau Nel, Frans du Toit, Jan Faber, Pieter van Niekerk, Roy Morris, Johan de Kock.
Lede van die Stilbaai Houtwerkgr­oep wat die maandeliks­e byeenkoms Woensdagmi­ddag 17 April bygewoon het. Voor: Chris Potgieter, Hans Erasmus, Floris van Zyl, Hannes Birmingham, Denis Fraser, Jan Brink. Agter: Michau Nel, Frans du Toit, Jan Faber, Pieter van Niekerk, Roy Morris, Johan de Kock.
 ?? ?? Pieter van Niekerk staan in sy werkwinkel. Sy goed is alles op wiele, want dit dien ook as sy garage.
Pieter van Niekerk staan in sy werkwinkel. Sy goed is alles op wiele, want dit dien ook as sy garage.
 ?? ?? Chris Potgieter met ‘n pragtige skaakbord wat hy gemaak het. Die buiterand is kersiehout en binne is dit wit jakaranda en Rhodesiese kiaat.
Chris Potgieter met ‘n pragtige skaakbord wat hy gemaak het. Die buiterand is kersiehout en binne is dit wit jakaranda en Rhodesiese kiaat.
 ?? ?? Chris staan in sy goed toegeruste werkwinkel. Bo in die solder bêre hy sy hout.
Chris staan in sy goed toegeruste werkwinkel. Bo in die solder bêre hy sy hout.
 ?? ?? Pieter se werkplek is tjokenblok vol houtwerkge­reedskap.
Pieter se werkplek is tjokenblok vol houtwerkge­reedskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa