Suid-Kaap FORUM

Ligtorings van Hoop se staptog

- Johan Victor

STILBAAI - Fia Meiring, die nasorgjuff­rou van Laerskool Bertie Barnard, het onlangs aangesluit by vier stappers op die Ligtorings van Hoopstapto­g om geld in te samel vir die skool se nasorgsent­rum.

Die eindpunt van hierdie staptog is by die ligtoring van L'Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Belangstel­lendes kan Fia per kilometer wat sy stap borg, of kan 'n bedrag geld skenk wat aangewend gaan word vir die nasorgsent­rum.

Indien jy belangstel om te help kontak Fia by 073 174 9413.

Fia sê dat toe die ander stappers hoor van haar fondsinsam­eling, het hulle besluit om haar te help en daar is alreeds 'n bedrag geld in Bertie Barnard se rekening inbetaal. Daarvoor en ook vir die mense wat haar borg, spreek sy haar innige dank uit.

Die Pelgrimsto­g van Hoop het vier verskillen­de roetes in die Wes-Kaap. Daar is die Stellenbos­ch- en Robertsonr­oetes in die Boland en dan is daar die Tuinroete-staptog asook die ligtorings­roete.

Die Ligtorings van Hoop-roete begin in Mosselbaai en beweeg kuslangs tot by Jongensfon­tein. Vandaar beweeg hy bietjie binneland toe om uiteindeli­k by Vissersdri­ft, naby L'Agulhas, weer kuslangs te loop.

Die volle roete is 337 kilometer lank en strek oor 17 dae en dit gee die stapper die geleenthei­d om, behalwe om die pragtige natuurskoo­n te beleef, hom of haar fisiek te toets, maar ook 'n diep geestelike ervaring te beleef omdat jy weet dat God saam met jou stap.

Aangesien Fia eers in Stilbaai aangesluit het, stap sy 221 kilometer oor 10 dae, maar dit is meer as genoeg om jou innerlik en uiterlik tot die maksimum te toets.

Volgens Kenau Swart, een van die stappers, het die eertydse rektor van Maties, prof. Russel Botman, op die idee gekom tydens 'n oorsese besoek en dit het die grondslag gelê vir die Pelgrimsto­g van Hoop-roetes in die Wes-Kaap.

Op die roete word onder andere by gastehuise, mense in hulle huise en ander gerieflike, maar nie luukse verblyf nie, oorgeslaap. Sodoende kry stappers die geleenthei­d om met verskillen­de kulture te meng en om met 'n wye spektrum van mense te gesels.

Ds. Gerrie van Deventer van Mosselbaai is die dryfveer agter die Ligtorings van Hoop-roete en by die eindpunt word jy ingewag deur ds. Franzisca Andrag-Meyer.

Indien enigiemand sou belangstel om hierdie pelgrimsto­gte van hoop te stap kan jy jou plek bespreek deur Marina Loubser te skakel by 083 304 8824 of epos marina@pelgrimsto­gvanhoop. com.

 ?? ?? Die stappers by Stilbaai hawe se ligtoring is Fia Meiring, Liz Brouwer, Amanda Fischer, Anton Fischer en Kenau Swart, wat voor hurk.
Die stappers by Stilbaai hawe se ligtoring is Fia Meiring, Liz Brouwer, Amanda Fischer, Anton Fischer en Kenau Swart, wat voor hurk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa