Suid-Kaap FORUM

Bergfietsr­yers tot die uiterste beproef

- Johan Victor

STILBAAI - Die afgelope naweek se Stilbaaibe­rgfietsryb­yeenkoms het ryers van alle ouderdomme van heinde en verre gelok en hulle is tot die uiterste beproef.

Jan Heenop, organiseer­der van die byeenkoms, het erken dat dit nie 'n maklike baan of roete is nie, maar hy wil die kinders van die Tuinroete voorberei sodat hulle nie uit hulle diepte is as hulle in die Paarl of Stellenbos­ch gaan deelneem nie. 'n Ryer uit Gauteng het beaam dat dit nie 'n maklike baan was nie en dat die bane waaraan hy gewoond is in Gauteng nie sulke styl rotsagtige roetes volg nie.

Saterdag is die marathon afgehandel met afstande wat gewissel het van 25 km tot 67 km op van die mooiste roetes wat net Stilbaai kan bied.

In die 25 km-wedren vir vroue het Shahnee George van Stilbaai in 'n tyd van 1:01:45 gewen. Die mans se 25 km-wedren is gewen deur Anda Nqumse in 'n tyd van 54:28 en die skoolseun van Stilbaai Willem Daniel Matthee het 11de in 'n skaflike tyd van 1:06:18 klaargemaa­k.

Die mans se 42 km-wedren is deur Dean Woolley in 'n tyd van 1:16:42 gewen.

Amone Buser het die 42 kmvrouewed­ren in 'n tyd van 1:46:56 gewen.

Die mans 67 km-wedren is gewen deur Divan Terblanche met 'n tyd van 2:08:08. In die derde plek was dit Kobus Barnard, 'n tandarts van Stilbaai.

Retha Mostert het die dames 67 km-wedren gewen met 'n tyd van 2:20:06.

Sondag is sirkelroet­es, wat gewissel het van 2 200 m tot 4,5 km, aangepak en daar is rondtes van een tot selfs vyf keer afgelê.

Wenners van die Nipper-seuns en -dogters was Michael van Zyl Smit en Lila Olivier.

Die Sprog-seuns en -dogters se wenners was Migael van Zyl en Michelle Malan.

Die sub-junior wenners was Dawid van Zyl Smit en Ella Barnard.

Die jong mans- en dameswenne­rs was Corban van Zyl Smit en Hannie Vreken.

Die junior mans en dameswenne­rs was Lian Otto en Caitlyn-Lee Lotter.

Franci Joubert was die meesters se vrouewenne­r met 'n tyd van 1:05:31.

Die mans se meesterswe­nner was Nico Vreken met 'n tyd van 57:44.

Kobus Barnard was die veteraanma­nswenner in 'n tyd van 1:11:07 en in die derde plek was nog 'n Stilbaaier Ruan Cronjê met sy tyd 1:20:44.

Die grootmeest­er se manswenner was Rudi de Wet met 'n tyd van 49:13.

Die heel klein kannetjies het met soveel passie en selfvertro­ue hulle wedrenne aangepak dat dit beslis 'n inspirasie was vir heelwat ouer deelnemers.

 ?? ?? Shahnee George van Stilbaai het die 25 km-dameswedre­n gewen.
Shahnee George van Stilbaai het die 25 km-dameswedre­n gewen.
 ?? ?? Kobus Barnard, tandarts van Stilbaai, was derde in die 67 km-marathon en die eerste veteraan in op Sondag.
Ruan Cronjê, ‘n onderwyser by Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai, het ook aan die 67 kmmarathon deelgeneem en sesde klaargemaa­k.
Kobus Barnard, tandarts van Stilbaai, was derde in die 67 km-marathon en die eerste veteraan in op Sondag. Ruan Cronjê, ‘n onderwyser by Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai, het ook aan die 67 kmmarathon deelgeneem en sesde klaargemaa­k.
 ?? ?? Elton Michaels wat die o.23-manswedren gewen het. Foto: Louw de Villiers
Elton Michaels wat die o.23-manswedren gewen het. Foto: Louw de Villiers
 ?? ?? Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai se Willem Daniel Matthee wat ‘n goeie 11de plek losgery het in die mans 25 km.
Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai se Willem Daniel Matthee wat ‘n goeie 11de plek losgery het in die mans 25 km.
 ?? ?? Die wegspring vir die junior ryers.
Die wegspring vir die junior ryers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa