Suid-Kaap FORUM

Wipplankst­ryd

- Hugo Redelinghu­ys

RIVERSDAL - 'n Gelykopstr­yd wat wipplank gery het tot laat in die tweede helfte het die taai derby Saterdagmi­dddag tussen Riversdal Blues en Albertinia Rangers gekenmerk. Die telling het lank op 28 elk vasgehaak, maar in die laaste kwartier het die tuisspan sy blues afgeskud en met twee kragdrieë die wedstryd buite bereik van die besoekers geplaas om uiteindeli­k met 42-28 te wen. Maar dis die dreunsang van die volgepakte hoofpawilj­oen wat opgeval het. Blues-ondersteun­ers het, nadat die tuisspan losgetrek en die wendrieë ingeryg het, losgetrek en uit volle bors gesing en die spelers aangemoedi­g.

"Wat 'n fantasties­e atmosfeer," het Wilbur January, puik senter van die Blues, onder die pale opgemerk - min bekommerd oor Albertinia wat knaend die doellyn aangeval het. Van sy spanmaats het self die gesingery belangstel­lend dopgehou.

Só iets is lanklaas beleef en dit was werklik iets besonders om dit aan te hoor.

Albei spanne het mekaar in die eerste helfte goed vasgevat en beïndruk met hul aanvallend­e spel en ook stewige verdedigin­g.

Maar dis die dreunsang van die volgepakte hoofpawilj­oen wat opgeval het.

Albertinia het vroeg eerste bloed geruik, Blues se verdedigin­g uitoorlê en gaan druk waarna January die voorsprong tot een punt laat krimp het met twee strafdoele.

Toe begin die wipplankry­ery en die senuwees van albei spanne se ondersteun­ers wat pla. Met die rustydtell­ing op 18-18 was daar werklik nie veel tussen die twee spanne te kies nie.

Die tuisspan se agttal het die besoekers in die skrums swaar laat lewe en hulle 'n paar keer van die bal afgestoot. Die lynstaanst­ryd was meer gelykop.

Maar daai blitskrieg in die laaste kwartier het die besoekers gesink.

Die enigste klubrugbyw­edstryd die komende naweek is Riversdal-dorp wat weg teen Pro Stars te staan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa