Tuis

Onderhoudp­yne

-

Of hulle ooit die huis sal afbreek, is ’n vraag vir die volgende geslag, sê Joanna. Mandy laat weet die woord “afbreek” is dalk bietjie dramaties, maar hulle mag dalk uitbrei. Die erf is gelukkig 800 m² groot. “Maar ons sal altyd iets van die geskiedeni­s saam met die nuwe behou,” sê sy. Oor die jare het die huis baie aanslae van stormwinde en reën weerstaan. Martin is die een wat hom die meeste oor die onderhoud bekommer, sê Joanna. “Die grootste probleem is eintlik die huis se grootste bate – die nabyheid aan die meer. Die veranda se muur het ’n paar jaar terug verskuif en die vloer het gevolglik gesak, maar gelukkig kon Martin dit weer opvul en regmaak.

“Wanneer ons ook al daar vakansie hou, doen almal maar ’n bietjie opknapwerk – gewoonlik verf!”

Ou en nuwe herinnerin­ge

“Ek het die genot daarvan gehad om te sien hoe my kinders die klein dingetjies in die lewe leer geniet soos om op die sand te hardloop, skaamkrapp­e te soek en die rotspoele te verken. En nou het ek die voorreg om te sien hoe my kleinkinde­rs dieselfde ontdekking­s maak,” vertel Joanna.

Op haar beurt sê Mandy: “Dis so ’n voorreg om vandag my eie kind hierheen te kan bring. Want watter ander plek het seeperdjie­s? En ’n geheime pad deur die grotte, en ’n blaasgat en stories oor skeepswrak­ke …

“Ek dink die plaaslike inwoners hou daarvan dat ons huis nog dieselfde as ’n honderd jaar gelede lyk. Daar is net soveel gemoedsrus in ’n landmerk wat nie verander het nie – net soos Die Koppe. Daar is iets egs daarin om ’n plek te aanvaar soos dit is. Ek dink ’n mens noem dit karakter, en daarvan het ons huis hope.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa