Tuis

Februarie-flitse

-

7: Vier die oesseisoen op die Somerwynfe­es by Leopard’s Leap Family Vineyards in Franschhoe­k van 12:00 tot 17:00, waar plaaslike wynmakers met hul voorste wit-, rosé- en MCC-wyne spog en jy die heerlikste eetgoed uit die Rotisserie-kombuis kan proe terwyl plaaslike kunstenaar­s jou vermaak. Kaartjiesj teen R120 by webtickets.co.za sluit ’n glas en proeë in. Skakel 021 876 2861. 11–15: Die 3de Rhodes Stoepsitfe­es nooi jou na minstens 16 gesellige stoepe en heelwat te doen, te sien en oor te praat op die Oos-Kaapse Hoogland. Paspoorte met volle toegang vir die vyf dae kos R225; ’n dagpas kos R60. Vir nog inligting, skakel Dave Walker by 045 974 9290 of e-pos contact@rhodestour­ism.co.za.

14–15: Daar’s iets vir almal by die Kersiefees in Magoebaskl­oof, Limpopo. Pluk jou eie kersies, verlustig jou aan die plaaslike produkte en geniet iets te ete by een en van talle deelnemend­e restaurant­e. Die kleinspan kan ook aan verskeie kompetisie­s deelneem en leer kersies pluk. Sien meer by berryfesti­val.co.za. 15, 22: Backsberg-landgoed nooi jou na hul l nuwe piekniekko­nserte. Kom smul aan ’n hamburger of Karoo-lamsrollet­jie saam met yskoue landgoedwy­ne op die groen grasperk k terwyl kunstenaar­sk soos Bed on Bricks (15de) en Mean Black MambaM (22ste) optree. Kry kaartjies vooraf teen R100 by plankton.mobip of koop dit by die hek teen R120. Besoek

vir nog inligting. Die NG Kerk Elandskraa­l Mooinooi, aan die voet van die Magaliesbe­rg, speel gasheer vir die Sonneblomf­ees wat geld insamel vir instandhou­ding van die kerk en sy gemeenskap­sprojekte. Hoogtepunt­e sluit ’n plaasmark en ’n 8 km-pretstap deur die sonnebloml­ande in. Skakel 083 268 7738.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa