Tuis

Twee huise

-

As jou “nuwe” huis jou ma laat huil, jou oom laat mompel jy het ’n “lewenstaak op jou geneem” en jou pasgebore baba verwonderd na die kaal dakplate sonder ’n plafon laat staar, moet jy weet hier wag baie bloed, sweet en trane. En as jy boonop ’n hamer en skroewedra­aier nodig het elke keer wanneer jy by jou voordeur wil in of uit, sluk jy mettertyd swaar aan daai hap wat jy met soveel entoesiasm­e afgebyt het.

Vandag lag die Bothas van Wynberg oor hul uitdagende regrukproj­ek, maar dit was beslis nie destyds snaaks nie. Marianne, ’n mediese dokter, en Francois, ’n dataontled­er, het die tweede plek in verlede jaar se Regruk met Flair- kompetisie losgeslaan vir die passie waarmee hulle eiehandig Delfshaven, hul kothuis in Wynberg, Kaapstad, opgeknap het.

Die Bothas het hul huis, wat uit 1859 dateer, in November 2009 gekoop, stadig met die opknapwerk aan die gang gekom en teen Desember 2010 volstoom laat waai. So tussen die stof en chaos deur het hulle twee seuns ryker geword: Felix (3½) en Roux (1).

“Die huis was maar vervalle en afgeskeep,” vertel Marianne. “Daar was ’n magdom donker vertrekke, waarvan sowat 10 slaapkamer­s was! Die dak het gelek, die rioolpype was verstop, die uitleg onprakties, die muurproppe skraps en die houtvloere plek-plek verrot. Die tuin was letterlik ’n rommelhoop, met etlike dooie bome en die onkruid skouerhoog­te tussenin.” Die egpaar het verby dié vervalle toestand gekyk en het die idee gekry om die huis, wat hopeloos te groot vir hulle was, in twee te deel en die een helfte te verhuur. Gelukkig was dit redelik maklik om die eiendom te verdeel.

“Ons moes letterlik net twee gange (een op die boonste verdieping en een onder) toebou, ’n nuwe trap bou en die erf in twee verdeel. Elke helfte het reeds sy eie voordeur gehad,” verduideli­k Francois.

Teen Februarie verlede jaar was die huis eindelik klaar, hoewel dié twee aanhalings­tekens met hul vingers maak wanneer hulle van “klaar” praat. “Ons wil nog werk aan die tuin doen, moontlik die motorhuis in ’n bachelor’s pad omskep en kamers ruil met die kinders,” sê Marianne. Die kleremaker wat Delfshaven in 1859 gebou het, sou baie tevrede gewees het met hoe Marianne en Francois die huis herstel het. Ná ’n peperduur kwotasie vir ’n staalen-steenheini­ng het die Bothas die oorspronkl­ike paalheinin­g weer gebruik; hulle het dit gesaag om tussen die nuwe baksteenpi­lare te pas, en geverf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vase (
Vase (

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa