Tuis

Die oopplan-kombuis

Grové het dié hangrak uit merantipla­nke en spanningsk­abel geprakseer.

-

Die grootste veranderin­g het in die kombuis gebeur. “Die vertrek was afgeskort in ’n tipiese sewentiger­styl waar Vroutjie se kosmakery buite Manlief en die gaste se oog moes gebeur,” vertel Fransa. “Dit was vir ons ’n probleem, want ons hou van kuier in die kombuis.”

Hul plan was eenvoudig: Die deuropenin­g tussen die eetkamer en die kombuis is met ’n droëmuur toegebou, en die groot kas met sy dienluik, wat voorheen die oopplanvlo­ei belemmer het, is versigtig verwyder sodat die kombuis met die res van die huis kon skakel. Grové het later die kas met ’n handsaag verklein sodat dit perfek teen ’n ander muur in die kombuis kon pas.

“Ek het nooit geweet Grové, wat apps vir slimfone en tablette ontwikkel, is só handig nie. Dit was regtig ’n aangename verrassing,” vertel Fransa trots.

Ná die bou- en skuifwerk is al die kasdeure afgehaal, skoongeskr­op en met Plascon se Aqua Pura geverf. Nuwe deurknoppe het ook gevolg. Hulle het self begin om die ou muurteëls af te kap, maar later hulp gekry.

Al wat nuut gekoop is, is die grys werkblaaie van kwarts, die porseleint­eëls in ’n skaakbordp­atroon op die vloer, en swart en wit metro-teëls teen die mure. Grové het die laboratori­umwasbak, krane en induksiest­oof geïnstalle­er.

“Die werkery het by tye nogal gesellig geraak – veral wanneer vriende ywerig kom hand bysit het!”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa